Ongeluk bly rý TransNamib

Nog ’n lokomotief ontspoor
Otis Daniels
Otis Daniels

TransNamib het die soveelste terugslag die afgelope tyd beleef toe ’n lokomotief Woensdagaand op Walvisbaai ontspoor het.

Volgens inwoners van Vyfdestraat het hulle ’n groot rumoer gehoor en uitgehardloop om ondersoek in te stel. ’n Lokomotief het deur ’n versperring gebars en in die middel van die pad tot stilstand gekom.

Die ontspoorde lokomotief was aan ’n tweede lokomotief gekoppel, wat nie die spoor verlaat het nie. Lede van die verkeersdepartement en polisiebeamptes het hierna op die toneel aangekom en die gebied afgebaken.

TransNamib se woordvoerder, me. Abigail Raubenheimer, het die voorval bevestig en sê die betrokke lokomotief, wat deur TransNamib gehuur word, het omstreeks 20:00 ontspoor.

“TransNamib se noodplan is onmiddellik toegepas. Geen beserings is opgedoen nie en daar was minimale skade aan die infrastruktuur en die lokomotief. Ons ondersoek nog die oorsaak van die voorval, wat binne die volgende paar dae bekend behoort te wees,” sê sy.

Teen druktyd gister was die ontspoorde lokomotief steeds in die pad waar dit in Vyfdestraat een van die bane geblokkeer het.

Ander ontsporings wat laas jaar by die kus aangemeld is, sluit in ’n weghol-lokomotief wat in Desember op Swakopmund die spoor byster geraak het. Dié ontsporing het net ’n paar honderd meter gebeur vanaf die plek in Swakopmund se spooraansluiting waar nog ’n TransNamib-lokomotief in Maart 2021 ook ontspoor het.

INSIDENT BY HAWE

By navraag oor ’n ander voorval waarin ’n trein en ’n vragmotor vroeër die week binne die Walvisbaai haweperseel betrokke was, het Namport se woordvoerder me. Edith Kukuri gesê twee private kontrakteurs was hierby betrokke.

“Inligting verkry vanaf die veiligheidsbeampte van die hawe-owerheid in Walvisbaai dui op ’n botsing tussen ’n vragmotor en ’n trein Dinsdag. TransNamib en ’n plaaslike private vervoermaatskappy was betrokke. Hulle sal meer inligting daaroor kan voorsien,” het sy gesê.

Die besonderhede bly onduidelik, maar daar was geen lewensverlies nie.

Raubenheimer het aan Republikein bevestig dat TransNamib steeds daagliks tussen 24 en 28 lokomotiewe kan inspan. Sy het ook bevestig dat die lokomotief wat Woensdag ontspoor het een van agt is wat tans uit Suid-Afrika gehuur word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!