Ongwediva Medipark moet Ithete weer aanstel

Mathias Haufiku
Die arbeidshof het Ongwediva Medipark Vrydag opdrag gegee vir die heraanstelling van sy geskorste besturende direkteur dr. Tshali Ithete. Ithete moet ook met sowat N$3,3 miljoen vir ‘n verlies aan inkomste vergoed word.

Ithete het die hospitaal hof toe gesleep nadat hy in Maart 2021 weens beweerde wanbestuur en wangedrag geskors is. Die hospitaal se raad van direkteure het Riel du Toit opdrag gegee om die beweringe te ondersoek en wat daartoe gelei het dat Ithete geskors en aangekla is van 17 klagtes van wangedrag.

‘n Dissiplinêre ondersoek het hom in Februarie 2022 aan sewe klagtes skuldig bevind. Die voorsitter van die raad Niel Serrer het aanbeveel dat Ithete ontslaan word. Ithete wat ook ‘n aandeelhouer van die hospitaal is, het egter appèl aangeteken, omdat hy gevoel het die regte prosedures is nie gevolg nie en dat die proses ‘n tekort aan “beduidende regverdigheid” gehad het. Ithete het gevolglik die arbeidshof genader.

In sy verklaring het Du Toit wat die voorsitter van die Erongo Medical Group is, Ithete daarvan beskuldig dat hy sonder die goedkeuring van die raad saketransaksie aangegaan het.

“Ten spyte van hoë verwagting van hom as gevolg van sy posisie en sy vertrouensverpligtinge, het die applikant namens OPM en sonder die respondente se raad van direkteure, sakeooreenkomste met Rentworks Namibia aangegaan,” het Du Toit getuig. Volgens hom was daar geen notule van enige van OPM se raad van direkteure hieroor nie.

Du Toit het ook gesê Ithete het die hospitaal se beleid oortree toe hy na bewering misluk het om sy belange in ander besighede te verklaar wat in direkte kompetisie met Ongwediva Medipark is.

“Dit alleen kom neer op konflik van belange wat verbied word in die applikant se werkskontrak, sowel as in die respondent se artikel van assosiasie asook die aandeelhouersooreenkoms,” het hy gesê.

Ithete sou volgens Du Toit skenkings maak en hulpbronne van die hospitaal beloof sonder dat die raad hieroor ingelig is.

In sy voorlegging het Ithete enige onregmatige optrede ontken. Hy het beklemtoon die besluite waarop die ooreenkoms met RentWorks gegrond is, was algemeen van aard deurdat dit hom as besturende direkteur en die finansiële hoof magtig om dit ter wille van die instandhouding van die besigheid aan te gaan.

Volgens Ithete het sewe spesialiste sedert sy skorsing die hospitaal weens ontevredenheid met Du Toit verlaat sedert hy by die raad van direkteure aangesluit het. Na bewering is daar ernstige wrywing wat deur Du Toit se aankoms op die raad veroorsaak is en verdeeldheid onder personeel veroorsaak. Van die personeel het glo ook geskrewe klagtes aan die hospitaalbestuur gestuur. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!