Ongwediva se watertoevoer gesny
Situasie sal vir onbepaalde tyd voortduur
Inwoners het hul frustrasie uitgespreek oor die dorpsraad se aankondigings, wat volgens hulle eers gekom het nadat die watertoevoer afgesny is.
Die Ongwediva-dorpsraad het gister probleme met waterverspreiding aangekondig wat tot verdere kennisgewing vir ’n onbepaalde tydperk sal voortduur.
Die dorp het die afgelope weke water- en kragonderbrekings ervaar met inwoners wat dit “water shedding” noem. Besighede, wat afhanklik is van water vir daaglikse bedrywighede, is ook geraak.
Inwoners het ook hul frustrasie uitgespreek oor die dorpsraad se aankondigings, wat volgens hulle eers gekom het nadat die watertoevoer afgesny is.
Die raad se woordvoerder, Ottilie Shingenge, het in ’n kennisgewing aan die publiek gesê die munisipaliteit se tegniese span werk onverpoosd om te verseker dat normale en ononderbroke water herstel word.
“Die water sal elke dag toegemaak word om die watertorings wat water aan die verskillende gebiede in en om die dorp verskaf, vol te maak,” het Shingenge gesê.
Sy het gesê inwoners moet daarop let dat water elke dag op sekere tye beskikbaar sal wees wanneer die watertorings vol is. Shingenge het inwoners aangeraai om water in houers te stoor.
Sy verduidelik dat die watertoevoerkwessie deur lae druk in die watertorings veroorsaak word.
“Ons ervaar tans baie lae druk in ons watertorings wat inwoners van water voorsien, dit is nie genoeg nie. Ons is nie seker wat fout is nie. Die tegniese span is daar om ondersoek in te stel,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie