Ontwerp ’n beter toekoms
Onderrig deur illustrasie
Visuele media is ’n formaat wat wêreldwyd die grense van ras, taal en kulturele konteks oorsteek.
Deur middel van illustrasie en kuns het mense hul werklikhede oor die eeue heen uitgebeeld en inligting, ervarings en selfs lesse gedeel deur middel van grotkuns, hiërogliewe en, deesdae, handboeke en aanlyn hulpbronne.
Vir die African Child Development Trust (ACDT) se onderwysprojek om die nodige trefkrag te hê, moes die ontwerp en visuele impak van die materiaal van die hoogste, mees kreatiewe gehalte en so kleurvol as moontlik wees.
“Die ontwerp van ’n produk of sekere soort materiaal kan ’n groot rol speel in hoe dit deur mense ontvang word. Dit is wat ons Namibia Media Holdings (NMH)-produksiespan en myself inspireer om nuwe maniere te vind om materiaal uiteen te sit sodat mense daarby aanklank vind, daardeur ingelig word en – in die geval van hierdie projek – daardeur onderrig kan word,” het Alexander Fase, die kuns en produksiedirekteur by NMH, gesê.
INSPIRASIE
Terwyl NMH die riglyne van die nasionale sillabus wat deur die ministerie van onderwys goedgekeur is, streng volg; het die span die taak gekry om die voorkoms en gevoel van die boeke, die kleurpalet, lettertipes en ander kenmerke te konseptualiseer.
“Ons moes seker maak kinders in die verskillende grade kan aanklank vind by die inhoud in die boekies. Ons het dus ’n baie eenvoudige maar kleurvolle skema vir die verskillende grade gekies en die ontwerp baie duidelik en eenvoudig gehou, aangesien ons dit lekker wou maak om te verken en te lees, maar die fokus moes op die kinders wees wat leer,” het Fase verduidelik.
SKEP KAPASITEIT
In die tweede jaar van die projek het die omvang daarvan met 300% uitgebrei, en só ook die werklading – met meer grade wat bygevoeg is en meer vertalings wat gedoen moes word.
Danksy hul passie en toewyding om by te dra tot die pogings wat die ministerie en ander belanghebbendes vir die Namibiese kind onderneem het, het NMH se produksiespan egter hul kant gebring en aangehou om lang en harde ure te werk.
“Om eerlik te wees, dit is beslis nie maklik vir my en die span nie. Alhoewel ons daaraan gewoond is om groot hoeveelhede inhoud op ’n daaglikse basis te produseer, is dié ongetwyfeld die grootste projek waarvan ons al deel was,” het Fase verder gesê.
“Buiten ons normale pligte soos die ontwerp van ons dagblaaie, advertensies, hulp met klank en die vervaardiging van visuele inhoud vir ons ateljees, moes ons hierdie belangrike taak aanpak om honderde boekies te vervaardig wat in die honderdduisende vir elke graad gedruk sou word. So, ons moes paraat wees en verseker dat al die gehaltebeheerkontroles gedoen word, in 11 verskillende tale, en dit steeds volgens ’n baie streng skedule by skole oraloor die land aflewer.”
(MASSA)MEDIA-EFFEK
Een van die aspekte wat hierdie projek uniek maak, is hoe vinnig inhoud bygewerk kan word om by veranderinge in die sillabus te pas. Asook hoe kostedoeltreffend dit is om hierdie materiaal te vervaardig en te versprei in vergelyking met tradisionele handboeke en leermateriaal – wat verouderd en verslete kan raak omdat kinders dié hulpbronne moet deel, aangesien hulle nie individueel toegang daartoe het nie.
“Omdat ons soveel vorme van media produseer, was dit net nog ’n element waarby ons moes aanpas toe hierdie projek bygekom het.
“Deur NMH se vermoë in te span om inligting saam te stel, media te vervaardig, op groot skaal te druk en inhoud te versprei, is ons in staat om dit op ’n merkwaardige koste- en tyddoeltreffende manier te doen.
“Dit wys net watter impak ons as ’n private onderneming kan hê wanneer ons gedrewe is om ’n bydrae in ons land te lewer,” het Fase gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie