Oranjemund maak reg om uit te brei.
Foto argief
Oranjemund maak reg om uit te brei. Foto argief

Ontwikkeling op kusdorp se kaarte

Augetto Graig
Die dorpsraad van Oranjemund is bewus van die uitdagings wat dié kusdorp met behuising en grondontwikkeling ondervind.

Die dorpsraad werk tans saam met belanghebbendes om grond te diens en om veral laekostebehuising te bou.

Glennadette Scholtz, woordvoerder van die dorpsraad, sê ontwikkelaars het reeds op verskeie geleenthede die raad genader om in die dorp te belê.

In afwagting op ’n moontlike toestroming van mense weens die onlangse olie-ontdekking langs die kus, of die regering se ambisieuse groenwaterstof-ontwikkeling in die Suide, ontwikkel Oranjemund tans ’n nuwe vyfjaarplan, sê sy.

Sy sê die dorpsraad is reeds ver gevorderd met die plan vir 2023 tot 2028, waarmee die raad Oranjemund se handelsmerk wil bevorder.

Die dorpsraad het onder meer Uitbreiding 10 uiteengesit wat uit 300 erwe bestaan en 95% gediens is. Altesaam 140 erwe uit die 300 is aan die Shack Dwellers Federation of Namibia toegeken.

Goedkeuring is reeds ontvang vir die ingenieurswerk en kosteberaming vir nog 100 erwe wat geoormerk is vir middel- en hoë-inkomstekliënte in Uitbreiding 7 en in die dorp self.

Bykomend sal ’n ligte nywerheidsgebied gediens word, tesame met besigheidserwe in Uitbreiding 5.

Die munisipaliteit wil ook sy eie bungalows bou en die paaie opgradeer, voeg sy by.

Om die nodige finansiering te bekom, word daar by die sentrale regering en ander belanghebbendes aangeklop.

Diensverskaffing is ’n prioriteit, sê Scholtz. Dit word verseker deur daarvoor te begroot, en die dorpsraad werk tans om 2023-’24 se begroting te finaliseer, voeg sy by.

Die vorige plan (2017 tot 2022) het hoofsaaklik ten doel gehad om die oordrag van dienste vanaf Namdeb te finaliseer, en om weg te beweeg van die idee dat die dorp ’n myndorp is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!