Onwettige rommelstorting ontmoedig
Handhawing van netheid
Die munisipaliteit van Swakopmund het diegene wat hulle skuldig maak aan die onwettige storting van rommel gewaarsku dat hulle boetes van N$500 of meer in die gesig staar.
Die munisipaliteit van Swakopmund het sy kommer in 'n kennisgewing aan eiendomseienaars en inwoners uitgespreek oor die onwettige storting van rommel op onontwikkelde privaat eiendomme en openbare oop ruimtes.
Diegene wat skuldig bevind word aan die onwettige storting van rommel kan met N$500 of meer beboet word op grond van tariefstrukture en die hoeveelheid onwettige rommel wat gestort word. Sodra oortreders geïdentifiseer word, beoog die munisipaliteit om bykomende heffings vir afvalverwydering by die maandelikse rekening van die skuldige inwoner of party te voeg.
Om die onwettige storting van materiaal in oop ruimtes te verminder, het die munisipaliteit inwoners daaraan herinner dat boumateriaal en ander ongewenste afval nie op enige eiendom gestort mag word nie.
Die munisipaliteit het inwoners gevra om huishoudelike afval en die vir herwinningsdoeleindes in die vullisdromme te plaas wat verskaf word: oranje vullisdromme vir herwinning van materiaal en 'n swart vullisdrom vir kombuis- en ander huishoudelike afval.
Kluivert Mwanangombe, die afdelingshoof van vasteafvalbestuur by die munisipaliteit, het inwoners van die dorp versoek om die fasiliteite tot hul beskikking te gebruik.
“Die skoonmaak van onwettig gestorte materiaal is 'n baie duur proses en kos die munisipaliteit miljoene. Ons mors geld en sou die inwoners hul rol speel, kan ons hierdie geld spaar en vir ontwikkelingsprojekte gebruik.”
Volgens hom is die gebied waar die storting van onwettige afval tans die meeste plaasvind in Tamariskia se uitbreiding 3 weens die bou van nuwe huise.
Maatreëls in plek
Mwanangombe het beklemtoon dat die munisipaliteit voldoende maatreëls geïmplementeer het om rommelstorting hok te slaan.
“Ons wil netheid in ons dorp handhaaf.”
Volgens hom is daar meer as 300 laaihouers wat in gebiede soos Mondesa, DRK, Tamariskia en Vineta geplaas is om onwettige rommelstorting te bekamp met drie vragmotors wat gereeld dié houers leegmaak.
“Die munisipaliteit sit ook jaarliks geld opsy om bloupaaldromme aan te koop wat op verskeie plekke geplaas word. Dit word gedoen om voetgangers in staat te stel om hul rommel weg te gooi waar hulle ook al is,” het hy gesê.
Betondromme word op straathoeke in die dorp geplaas en is op strategiese plekke vanaf Platz Am Meer-inkoopsentrum tot Tiger Reef langs die strand aangebring.
“Vir kreatiewe doeleindes het ons drie vullisdromme aangeskaf wat ontwerp is in die vorm van 'n vis langs die strand. Die munisipaliteit het ook in Desember 2021, 64 stelle kleurgekodeerde Igloo-herwinningsbakke gekoop en groot Molok-stelsels (twee meter diep) geplaas by gebiede waar die publiek geneig is om bymekaar te kom.”
’n Skoonmaakspan help om die dorp netjies te hou.
“Strandskoonmakers word van Maandag tot Saterdag in die oggend en middag ontplooi. Daar is ook skoonmakers in woon- en dorpsgebiede wat rommel optel, die strate skoonmaak en die bloupaaldromme leegmaak. Al die verwyderde afval word in swartsakke geplaas wat deur ’n aangewese span versamel word en dan by die stortingsterrein afgelaai word.”
Om onwettige rommelstorting aan te meld, kontak die afdelingshoof vir vaste afval by 064 410 4505 of 0811 443 800.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie