Oorledenes se ‘slegte skuld’ word afgeskryf
Totale bedrag beloop sowat N$5 miljoen
Die Oshakati-dorpsraad sê die skuld wat kwalifiseer om afgeskryf te word, moet minstens 20 jaar oud wees.
Die Oshakati-dorpsraad het besluit om die skuld van kliënte wat oorlede is, af te skryf. Volgens die raad beloop dit sowat N$5 miljoen.
“Die Oshakati-dorpsraad het begrip vir die moeilike omstandighede wat families in die gesig staar ná die verlies van ’n geliefde en glo hierdie maatreël sal broodnodige verligting bied,” het die munisipaliteit in ’n verklaring gesê.
Die plaaslike owerheid sê die skuld wat kwalifiseer om afgeskryf te word, moet minstens 20 jaar oud wees.
“As deel van die voortdurende verbintenis om die finansiële las op inwoners te verlig, het die Oshakati-dorpsraad die empatiese besluit geneem om alle uitstaande skuld op inwoners se residensiële munisipale rekeninge wat in die name van die oorledenes geregistreer is, af te skryf,” lui die verklaring.
Volgens die raad volg sy besluit op die waarneming van meer as 147 residensiële rekeninge wat aan oorledenes behoort en agterstallig is. Dit beloop sowat N$5 miljoen en word as “slegte skuld” geklassifiseer.
“Hierdie skuld sluit in gelde vir waterverbruik, tariewe en belasting, vullisverwydering, brandweerdienste en riool, wat tipies deel vorm van munisipale rekeninge,” het die raad verduidelik.
“Om verligting te bring vir families wat sukkel om die rekeninge te vereffen en om te verseker dat hulle vorentoe kan beweeg sonder die bykomende stres van oorgeërfde finansiële verpligtinge, het die raad die besluit tydens sy dorpsraadvergadering in November 2024 geneem.”
Die inisiatief het op 25 Februarie in werking getree en sluit alle residensiële munisipale rekeninge van inwoners wat oorlede is in, ongeag die bedrag wat opgehoop het.
VERLIGTING
Volgens die Oshakati-dorpsraad het die inisiatief, behalwe om finansiële verligting aan families te bring, ook ten doel om die oordrag van eiendomme aan nuwe eienaars te verseker, asook om toegang tot water en ander munisipale dienste te vergemaklik.
Inwoners van die dorp word aangemoedig om aansoek te doen vir die heraansluiting van waterdienste op die geraakte rekeninge, aangesien talle se water afgesny is weens agterstallige skuld.
Die plaaslike owerheid het verder gesê dat families van alle oorledenes in Oshakati dienooreenkomstig oor die besluit ingelig sal word.
“Die Oshakati-dorpsraad nooi alle geraakte families uit om navraag te doen en die geleentheid te benut.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie