Otavi ervaar groeipyne
‘Konstruksie van Build Together-huise begin vandeesmaand’
Een sukses waarmee die dorpsraad kan spog, is die hervestiging van 376 huisgesinne wat voorheen in die enkelkwartiere op die dorp gewoon het.
Die lys van aansoekers vir erwe op Otavi bevat tot 2 980 name, met ’n verdere 247 wat sedert 2002 op die lys van voornemende begunstigdes vir die Build Together-program vir behuising op die dorp wag.
Die goeie nuus is dat die dorpsraad beplan om nog vandeesmaand met die konstruksie van die Build Together-huise te begin, volgens die munisipaliteit se uitvoerende hoof, Wodibo Haulofu.
Hy sê die program is afhanklik van die terugbetaling van lenings wat toegestaan is, wat vir toekomstige lenings moet betaal.
“Hierdie terugbetalings is laag en was nie voldoende om gedurende daardie jare uit te betaal nie, wat daartoe gelei het dat die program opgeskort is deur die bekendstelling van die massabehuisingsprojek.
“Die dorpsraad het toe die program in 2021 laat herleef deur ’n komitee saam te stel om toesig te hou oor die gladde implementering van die program,” brei hy uit.
Ongelukkig was daar steeds talle uitdagings, insluitend om die oorspronklike begunstigdes op die lys op te spoor en te bepaal of hulle nog vir die program kwalifiseer, sê hy.
Verder was dit nodig om die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling te nader om die bedrae vir die lenings te verhoog.
Voorheen het die ministerie tussen N$30 000 en N$50 000 vir die konstruksie van tipe A-huise toegestaan, maar sedertdien is bepaal dat minstens N$80 000 nodig is om hierdie tipe huise te laat bou.
“Daar moet kennis geneem word dat die raad nie geld van die regering – wat oor die afgelope 15 jaar vir hierdie program geoormerk is – ontvang het nie,” voer hy aan.
“Ons is nie heeltemal tevrede met die resultate van die herbeoordelingsproses nie, maar die bou van die Build Together-huise is geskeduleer om in Februarie 2025 te begin,” het hy gesê.
Een sukses waarmee die dorpsraad kan spog, is die hervestiging van 376 huisgesinne wat voorheen in die enkelkwartiere op die dorp gewoon het. Sedert die sloping van die enkelkwartiere is al hierdie inwoners in New Cairo hervestig, voer hy aan.
Verder kon die Otavi-dorpsraad oor die afgelope drie jaar noodsaaklike dienste, insluitend watervoorsiening en krag, aan 277 erwe in New Cairo lewer, sê Haulofu.
In die Kap en Bou-nedersetting is 700 erwe afgemeet; en die kartering, die beplanning, die bou van paaie en die voorsiening van water is in samewerking met die Namibia Housing Action Group in dié nedersetting opgegradeer.
Die Otavi-oksidasiedamme is uitgebrei, paaie is gerehabiliteer, Khoaeb Uitbreiding se huise in Namib Millsstraat het elektrisiteit gekry, straatligte en verkeersligte is by die kruising van die B1 en die B8 opgerig en die Otavi-grootmaatwaterprojek se Fase 1 gaan voort, sê hy.
Wonings in die Harambee- en die Naruseb-nedersettings het straatnommers gekry, terwyl ’n geometriese struktuurplan, ’n strategiese plan en ’n finansiële bestuursplan ook van die prestasies is waarmee die huidige dorpsraad kan spog.
Haulofu sê die raad het proaktiewe stappe gedoen om tydelike stormwaterkanale langs Namib Millsstraat te bou om water van die dorp af te lei, en nog ’n dreineringskanaal is in die New Cairo-nedersetting gelê, voeg hy by.
Die dorpsraad beplan vanjaar om voort te gaan met die opgradering van informele nedersettings, om die eerste fase van kragtoevoer na Kap en Bou te voltooi, en om water aan die nedersetting te voorsien.
Die konstruksie van rioolstelsels in New Cairo word teen April verwag, terwyl paaie teen Maart herseël moet word, sê hy.
’n Speelpark word vanjaar vir Uitbreiding 4 beplan asook ’n nuwe informele mark, ’n sentrum vir jong sakelui en die konstruksie van 53 Build Together-huise.
Fase twee van die grootmaatwaterprojek word nog vanjaar verwag, asook die vestiging van ’n dorpsraadbehuisingsprojek, ’n waterfiltreringsaanleg en 50 nasionale behuisingsonderneming (NHE)-huise, sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie