Ou Staatshuis met noodgeld opgeknap
Ogone Tlhage – Die kantoor van die ouditeur-generaal (OG) het bevind dat geld van die Nasionale Noodfonds vir Rampverligting gebruik is om opknappings aan ou Staatshuis te finansier, wat teenstrydig is met die doel van die fonds.
Die ouditeur-generaal het twee transaksies uitgelig wat in 2014 en 2016 plaasgevind het, wat aandui dat meer as N$30 miljoen vir opknappingswerk vir ou Staatshuis gebruik is.
“Die ouditeure het opgemerk dat die fonds geld van die kantoor van die eerste minister ontvang het vir sekuriteitsinstallasie en opknappingswerk aan die eerste minister se hoofkantoor asook die opknapping van Ou Staatshuis ter waarde van N$4,4 miljoen in 2014 en N$27,9 miljoen in 2016. Dit voldoen nie aan die fonds se mandaat nie, wat bepaal dat die fonds gestig is om as ’n gebeurlikheidsfonds te dien en vir die ontwikkeling en bevordering van ramprisikobestuur in Namibië,” lui die verklaring.
Die ouditeur-generaal het ook transaksies bevraagteken wat deur die fonds gedoen is ter waarde van N$260 miljoen wat nie verduidelik kan word nie.
“Die ouditeure het transaksiebedrae van N$210 miljoen (2014), N$52 miljoen (2015) en N$1,1 miljoen (2017) van die algemene grootboek na die bankstate opgespoor. Hierdie transaksies kon egter nie geverifieer word nie aangesien geen stawende dokumentasie verskaf is nie,” het die ouditeur-generaal gesê.
Nog ’n twyfelagtige uitgawe was geld wat vir die ministerie van landbou geoormerk is. Die ouditeur-generaal het bevraagteken waarom die ministerie finansiering van die fonds ontvang het, ondanks die feit dat hy sy eie fondse beskikbaar het.
“Die ouditeure het daarop gewys dat die landbouministerie geld oorgeplaas het na die Nasionale Noodfonds, wat onder die ministerie geoormerk en bewillig is; in totaal N$161 miljoen in 2014, N$14 miljoen in 2015, en N$16 miljoen in 2017.
Die ministerie het egter nie sy geld uitgeput soos in subartikel (9)2 gestel word nie,” het die ouditeur-generaal gesê.
Subartikel (9) vereis van die komitee om gebeurlikheidsfondse uit die fonds vry te stel indien die streekraad, plaaslike owerheid of staatsinstelling sy geld vir ramprisikobestuur uitgeput het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie