Owela steeds gesluit en verlate
Frank Steffen en Kristien Kruger – Die Owela Display and Educational Centre is reeds vier jaar “tydelik gesluit” en hoewel die behoefte aan noodsaaklike opknapings aan die gebou reeds in 2022 geïdentifiseer is, is die gebou steeds verlate en vuil.
Foto's van dié museum wat langs die Nasionale Teater in die hoofstad geleë is, is onlangs deur ’n inwoner van Windhoek geneem en dit het die vervalle gebou en rommel in die gebied vasgevang.
Die museum het sy deure in Maart 2020 gesluit met die doel dat dit net tydelik gesluit sal wees. Republikein het in Julie 2022 met Owela se kurator vir uitstallings, Olivia Nakale, gepraat en sy het destyds gesê die gebou moet opgeknap word, maar dat daar nie geld daarvoor is nie.
“Sodra ons geld kry, kan die werk begin en die sentrum kan weer geopen word. Tot dan sal dit ongelukkig gesluit bly,” het sy gesê.
Sy het ook toegegee dat die Duitse ambassade destyds geld gegee het sodat hulle die gebou kan stabiliseer om te verseker dat dit nie inmekaar stort nie.
“Nou is daar nie geld om die ander herstelwerk en broodnodige opknappings te doen nie. Die museum val onder die vaandel van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, wat beteken dat erfenis met klaskamers moet meeding. Dus, voor kinders onder ’n boom klas kry, word klaskamers eers gebou en erfenis is ongelukkig laaste op die lys van die regering se prioriteite.”
ALTE FESTE
Hoewel dié museum besig is om in een te stort, is daar groot planne vir die oudste gebou in Windhoek, die Alte Feste, om ’n splinternuwe baadjie aan te trek.
’n Omvattende opknappingsprojek word beplan nadat ’n Memorandum van Verstandhouding (MoU) tussen die ministerie van onderwys, kuns en kultuur en die Namibia Craft Centre onderteken is en sowat N$4,6 miljoen van die Amerikaanse ambassadeursfonds vir kulturele bewaring (AFCP) ontvang is.
“Die oomblik wanneer die opknappings voltooi is, sal die Alte Feste dien as ’n veeldoelige kulturele spilpunt met ’n museum wat sy ryk geskiedenis sal uitbeeld, met ’n kunsvlytmark, kunsgalery, werkswinkels, kunsateljees, ’n restaurant en koffiewinkel, kantore en ook ’n binnehof waar geleenthede aangebied kan word,” het die adjunkminister van onderwys, Faustina Caley, tydens die projek se bekendstelling gesê.
Die projek sal sowat N$30 miljoen beloop en die “nuwe” Alte Feste-gebou sal na verwagting teen volgende jaar April gereed wees.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie