PAS IN: Ovaherero-heilgdom op Okahandja beskadig

Jemima Beukes
Die grafsteen van Ombara Kandjanatozombua Tjiho van Gam, wat in 2008 in die Ovaherero-heilgdom op Okahandja gegrawe is, het ná swaar reën ineengestort.

Prof. Mutjinde Katjiua, wat voorheen aanspraak op die opperhoofskap van die Ovaherero Tradisionele Owerheid (OTA) gemaak het, het in ‘n verklaring sy medelye met die Gam-gemeenskap uitgespreek.

Die oorsaak van die skade aan die grafsteen is nog nie bevestig nie, het hy gesê.

Konsultante is egter van mening dat die gebruik van swaar toerusting om ‘n graf vir die ontslape prof. Mburumba Kerina in Junie 2021 te grawe, strukturele skade aan die nabygeleë graf van Tjiho aangerig het. Dit is deur die swaar reën die afgelope tyd vererger.

Katjiua beweer die grawewerk was in opdrag van die regering. Die saak sal ondersoek word, het hy gesê.

#RepNuus

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!