#PasIn: Grootfontein-CEO Sinvula kry trekpas
Die Grootfontein munisipaliteit het sy uitvoerende hoof, Kisco Sinvula, ná 'n spesiale raadsvergadering vanoggend afgedank.
Sinvula het vandeesweek na sy pos teruggekeer ná die Hoërhof sy skorsing verlede week nietig verklaar het. Die hof het Sinvula se skorsing opgehef omdat dit sonder die toestemming van die lynminister, Erastus Uutoni, opgelê is.
Die raad het vanoggend besluit om Sinvula te ontslaan en hom 'n bedrag gelykstaande aan die salaris en voordele van die res van sy kontrak te betaal. Sy maandelikse salaris was N$80 000.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie