#PasIn: Windhoek se munisipale rekeninge onder die loep
Die gemeenskapsaktivis, Shaun Asprilla Gariseb, het ‘n beroep op Windhoek-inwoners met probleme rakende hul munisipale rekeninge gedoen om môre in hul massas by die stadsraad se deure aan te klop om hul uitstaande skuld te verifeer.
Volgens hom het die burgemeester, Queen Kamati, op 8 Augustus ‘n uinodiging in die verband gemaak.
Stad Windhoek se woordvoerder, Lydia Amutenya, het bevestig dat Kamati inwoners met navrae oor hul rekeninge aangemoedig het om sulke kwessies met die munisipaliteit se kliëntedienste op te neem.
“Die burgemeester het egter nie gevra vir 'n massa-verifikasiegeleentheid môre nie. Ons ontmoedig massa-navrae ten sterkste, aangesien dit ons dienste kan oorweldig en ons vermoë om doeltreffend te help, kan beïnvloed,” voeg Amutenya by.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie