GOOD BUSINESS: Tourist disembarking from the MSC Orchestra at the passenger vessel berth in the Port of Walvis Bay.  Photo Namport
GOOD BUSINESS: Tourist disembarking from the MSC Orchestra at the passenger vessel berth in the Port of Walvis Bay. Photo Namport

Permitte ’n struikelblok vir verkopers by hawe

‘Ontvang geen kennisgewing’
Hoewel passasierskepe 'n geleentheid aan verkopers bied, het die Walvisbaai-munisipaliteit gesê dit het ook tot 'n paar uitdagings gelei, soos opeenhopings wat ervaar word by Namport se suidelike hek, wat 'n veiligheidsrisiko inhou.
Otis Daniels
’n Entrepreneur is gefrustreerd gelaat deur wat sy beskryf as die onverwagse wysiging van die reëls en regulasies rakende verkopers wat hul produkte by die Walvisbaai-hawe se suidelike hek uitstal.

Sweetness Mubita, ’n modeontwerper van Windhoek, het in die laaste week van Maart met haar klerevoorraad na Walvisbaai gereis om haar goedere by dié hek uit te stal.

Met haar aankoms het ’n verkoper haar meegedeel dat sy ’n permit nodig het aangesien regulasies onlangs gewysig is en dat slegs 40 verkopers op ’n slag geakkommodeer kan word.

“Dit was die eerste keer dat ek van ’n permit gehoor het en ek het nie geweet die regulasies het verander nie. Ek het die Namibiese Haweowerheid (Namport) gebel en die persone in beheer van die passasierskepe het my ingelig dat ek geen dokumentasie nodig het nie.”

Om konflik te vermy, het Mubita voortgegaan om haar stalletjie in ’n area op te rig waaraan daar nie ’n nommer toegeken was nie. Terwyl sy gewag het dat die munisipaliteit oopmaak om aansoek te doen vir die vereiste permit, het ’n verteenwoordiger van die verkopers haar genader en gesê sy het nie die reg om haar stalletjie daar op te slaan nie.

“Ek het opgehou om my voorraad uit te pak. Toe ’n tweede persoon my nader en daarop aandring dat ek my stalletjie verwyder, het ek die klere opgepak wat ek reeds opgehang het.”

Volgens Mubita het nog ’n vrou opgedaag.

“Sy het haarself as Tuli van die munisipaliteit voorgestel en daarop aangedring om my permit te sien.

“Ek het vir haar gesê ek het nie ’n permit nie en was op pad om een te kry aangesien ek onder die indruk was dat ek dit op die dag kon doen. Sy het vir my gesê die gewysigde regulasies is in die media geadverteer en was vasbeslote dat ek oppak en loop.” Mubita het haar goedere opgepak.

“Ek het bedreig en geïntimideerd gevoel toe ’n groep gewapende veiligheidswagte en ’n amptenaar van die munisipaliteit opgedaag het en begin het om my gazebo uitmekaar te haal.”

Mubita beweer dat Tuli [Iishitile], wat as die bestuurder vir ekonomiese ontwikkeling by die Walvisbaai-munisipaliteit geïdentifiseer is, geweier het om voldoende inligting aan haar te verskaf. Sy het besluit om die kennisgewing in die koerant op te soek om meer inligting te verkry.

“Ek kon nie ’n advertensies oor die aangeleentheid op sosiale media of in die plaaslike koerante vind nie. ’n Advertensie is op 29 Maart op die munisipaliteit se Facebookblad gepubliseer.”

Die advertensie stel handelaars in kennis dat hulle moet registreer elke keer as ’n passasierskip in die hawe anker gooi en hierdie proses sal vyf werksdae voor die aankoms van skepe gedoen word. Intussen word die registrasieproses op ’n WhatsApp-groep – wat deur die ekonomiese ontwikkelingsbeampte bestuur word – gefasiliteer om handelaars wat nie in die hawedorp woonagtig is nie, te akkommodeer.

Alle verkopers word ook verplig om vanaf 19 Maart by die ekonomiese ontwikkelingskantoor te registreer.

Mubita sê by die munisipaliteit is daar aan haar verduidelik dat dit reeds te laat was om ’n permit vir die maand aan haar uit te reik.

“Sy het my naam op die lys vir die eerste week van April gevoeg. Toe die tyd aangebreek het, het ek die munisipaliteit gebel om navraag oor die stand van haar permit te doen, maar niemand het op haar navrae gereageer nie.”

Aangesien die sperdatum vinnig nader gekom het, het Mubita besluit om na Walvisbaai te reis om die permit te gaan haal.

“Toe ek daar aankom is ek meegedeel dat my naam nie op die lys gevoeg is nie omdat Tuli na bewering opdrag gegee het dat dit nie bygevoeg moet word nie,” het sy beweer.

Dit was nog ’n terugslag vir Mubita, wat ’n geraamde N$9 400 aan vervoer, verblyf en etes bestee het.

“As gevolg hiervan is my besigheid nadelig geraak. Ek het na die kus gereis om geld te maak, maar in plaas daarvan het ek geld verloor. Ek is moedeloos oor die feit dat ’n sekere individu die oorsaak van my lyding en verlies is. Ek sal ’n verskoning en vergoeding waardeer.”

Iishitile het Namibia Media Holdings (NMH) na 'n munisipale woordvoerder verwys vir kommentaar oor die aangeleentheid.

Die afdeling vir openbare betrekkinge het gesê die munisipaliteit het ’n beduidende toestroming van kuns- en kunsvlytverkopers opgemerk, wat saamval met die aankoms van skepe in die hawe van Walvisbaai.

Hoewel passasierskepe ’n geleentheid aan verkopers bied, het die munisipaliteit gesê dit het ook tot ’n paar uitdagings gelei, soos opeenhopings wat ervaar word by Namport se suidelike hek, wat ’n veiligheidsrisiko inhou.

“Om ’n veilige en bevorderlike handelsomgewing te skep, het die raad saam met verkopers, ’n plan geïmplementeer om die aantal handelaars tot 40 te verminder. Dit maak voorsiening vir ’n meer beheerde en ordelike omgewing vir toeriste en handelaars. Alle verkopers word aangemoedig om aan die nuwe riglyne te voldoen om sodoende te help om ’n aangename ervaring vir almal te handhaaf.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!