‘Plaaslike dagblad teen AEC gekant’

Persvryheid in die kollig
Wêreldpersvryheidsdag is Vrydag gevier en vanjaar se amptelike vieringe het in Chili plaasgevind.
Frank Steffen
Die African Energy Chamber (AEC) het twee dae voor Wêreldpersvryheidsdag na bewering ’n direkte aanval op die plaaslike koerant The Namibian geloods.

Die Afrika-Unie (AU)-geaffilieerde African Press Organisation (APO) het ’n verklaring uitgereik waarin die AEC – waarskynlik namens sy hoof, NJ Ayuk – The Namibian daarvan beskuldig dat hy teen die AEC gekant is.

“Van die oomblik dat ons wyle president Hage Geingob vereer het, het die AEC en sy uitvoerende beamptes en raadslede die vernaamste vyande van The Namibian geword. The Namibian verteenwoordig nie die sienings wat Namibiërs het van Afrikane en die olie- en gasbedryf nie,” lui die verklaring.

President Geingob blyk ’n voorstander van persvryheid te gewees het. Hoewel hy by tye nie die media se menings gedeel het nie, kan dit aangeneem word dat hy deeglik bewus was van die respek wat die media, insluitend die hoofredakteur van The Namibian en sy span, vir hom gehad het.

In die AEC se verklaring vergelyk die organisasie die koerant met die Rwandese uitsaaier Radio Télévision Libre des Mille Collines, wat bygedra het tot die volksmoord in Rwanda deur die publiek aan te hits tot moord met die volle ondersteuning van die destydse president, Juvénal Habyarimana en sy weermag.

Die radiostasie het openlik haat en volksmoord-verwante denkprosesse aangehits in die naam van die regerende Hutu-regime. Dit het ook glo haatpropaganda teen Hutus, Belge en die Verenigde Nasies se hulpsending vir Rwanda versprei.

KOERANT VAN XENOFOBIE BESKULDIG

Ayuk is klaarblyklik warm onder die kraag nadat The Namibian hom onlangs tydens die energieweek gekritiseer het en dié Kameroener van korrupsie in verskeie Afrikalande beskuldig het.

Hy het die koerant van “haatlike retoriek en xenofobie” beskuldig.

Die Redakteursforum van Namibië (EFN) het gereageer: “Die EFN wil daarop wys dat die meeste koerante in Namibië – insluitend die staatsbeheerde media – van tyd tot tyd afwyk van die regerende party se beleid. Dit is dalk nuus vir die AEC, maar dit is hoe demokrasie en ’n vrye pers werk.”

“Daar is genoeg voorbeelde in Afrika waar lande se gas- en oliebedrywe tot korrupsie en uiteindelik politieke onrus tot gevolg gehad het, wat daartoe gelei het dat sogenaamde ‘strongmen’ met geweld die leierskap van die betrokke lande oorgeneem het.

“Dit was net ’n kwessie van tyd voor die vrye pers beperk word en die plaaslike mense uiteindelik hul stem verloor,” skryf die EFN in ’n verklaring.

Die EFN is dus van die mening dat koerante geregtig is om lastige vrae te vra. Die EFN raai die AEC dus aan om die media-ombudsman in Namibië te kontak met enige klagtes.

WêRELDPERSVRYHEIDSDAG

Dié uitval het dae voor Wêreldpersvryheidsdag, wat Vrydag gevier is, plaasgevind.

Vanjaar se amptelike vieringe het in Chili plaasgevind onder die leuse “Pers vir die planeet: Joernalistiek in die aangesig van ’n omgewingskrisis”.

Die doel is om te help verseker dat die publiek altyd toegang tot alle inligting het, met die fokus op klimaatsverandering en die gevolge daarvan. Om dié doel te bereik, word regerings aangemoedig om ’n veilige omgewing vir joernaliste te skep om hul werk sonder enige risiko uit te voer.

Die organisasie Verslaggewers sonder Grense (RSF) het Vrydag sy persvryheidsranglys vir 2024 gepubliseer. Namibië het sy plek as die beste in Afrika aan Mauritanië afgestaan. Namibië het ten opsigte van elkeen van die vyf aanwysers wat gebruik is om persvryheid te bepaal, agteruitgang getoon.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!