Planne bespreek om filmbedryf te laat herleef
‘Bemagtig plaaslike rolprentvervaardigers’
Een van die doelwitte van die Filmmakersvereniging se nuwe raad is om 'n vooruitstrewende filmbedryf te kweek, sê sy voorsitter.
Die Filmmakersvereniging van Namibië (FAN) het Donderdag in Windhoek bymekaargekom om planne vir die herlewing en uitbreiding van die vereniging se aktiwiteite landswyd te bespreek.
Die nuwe voorsitter van die vereniging, Byron Joseph, het gesê die doelwitte van die nuwe raad is om ’n vooruitstrewende filmbedryf te kweek, wat aan die voorpunt van wêreldwye tendense bly, terwyl dit ook die ryk nalatenskap eerbiedig.
“Ons sien ’n gemeenskap waar rolprentmakers erken word, waar hulpbronne en vaardighede volop is, waar volhoubare inkomste verseker is, of ten minste waar ons ’n inkomste het, en werksgeleenthede nie te min is nie en waar sterk wetgewing voortdurende groei ondersteun,” het hy gesê.
Joseph het sy mederaadslede, wat op 25 Mei verkies is, aan die aanwesiges voorgestel. Hulle sluit die adjunkvoorsitter Tjuna ????Daringo, asook Armas Shivute Armas, Esther Beukes, Inna Goroh en Vickson Hangula in.
Joseph het spesifiek die wetlike raamwerk vir die bedryf uitgelig as een gebied waar die vereniging nou saam met die regering sal moet werk.
“Waar is die wetgewing, waar is die voorstelle wat al jare gelede ingedien is, ons sal dit moet opvolg,” voer hy aan.
Die missie is om plaaslike rolprentvervaardigers te bemagtig om die wêreldwye filmmark te beïnvloed, sê hy en verduidelik dat die filmbedryf oor die jare baie verander het.
“Dit is nie meer wat dit was in die vyftiger- en sestigerjare toe ons die woord film uitgedink het nie
“Nou is daar TikTokkers wat miljoen kyke kry, vinniger as enige van die produksies wat ons vir die grootskerm gedoen het.
“Ons moet daardie mense insluit. Die manier waarop ons die stories vertel het ook verander, en ons moet dit in gedagte hou.
“Ek bedoel as TikTok, YouTube en Facebook reeds so ontwrigtend is, stel jou voor watter tegnologie oor vyf jaar daar sal wees en hoe ontwrigtend dit dan sal wees. As ons dit nie in ag neem nie, sal ons bedryf agterbly,” het hy gesê.
Joseph sê plaaslike toepaslikheid is belangrik om ’n wêreldwye impak te maak.
“Dit moet plaaslik begin. Ons moet ons eie stories vertel.”
Joseph het ook by die geleentheid die tydlyn gedeel waarvolgens die minister van inligting en kommunikasietegnologie, Emma Theofelus, die vereniging gedwing het om sy verkose verteenwoordigers te laat vaar om op die raad van die Namibiese Filmkommissie te dien.
Joseph het Marinda Stein spesifiek om verskoning gevra omdat sy nie betyds van die verwikkelinge ingelig is nie.
Stein en Hangula is oorspronklik verkies om die filmmakers op die kommissie se raad te verteenwoordig, maar Theofelus het beide verwerp aangesien hulle al voorheen op die raad gedien het.
Joseph en Daringo is dus voorgestel om op die kommissie se raad te dien, terwyl die minister wel vir Beukes en Ronald James as voorgestelde alternatiewe aanvaar het.
“Ons is nie in hierdie ding vir die kort termyn nie, ons is nie hier vir die vinnige opbrengs nie. Ons is hier om ’n struktuur te vestig; ’n raamwerk waaruit almal kan baat,” het Joseph gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie