Polisiebeampte bevestig kollega se getuienis
Toelaatbaarheid van bewyse onder die loep
Die prokureurs sal op 24 Maart finale betoë in die André Heckmair-moordsaak lewer en die binneverhoor sal na verwagting binnekort afgehandel word.
Stefan Noechel
Die moordverhoor van twee Amerikaners mnre. Marcus Thomas en Kevan Townsend het Maandag in die hoërhof in Windhoek hervat.
Die hofverrigtinge in die moord op mnr. André Heckmair is al vir ’n geruime tyd in ’n binneverhoor vasgevang.
Die verdediging wil kritieke bewyse tydens die soektog van die African Sky Guesthouse, waar die twee beskuldigdes die dag van die moord in hegtenis geneem is, ontoelaatbaar laat verklaar.
Die hoofkwessie is of polisiebeamptes binne die wetlike bepalings van die wet opgetree het toe beslag op die bewysstukke gelê is.
Staatsaanklaer adv. Antonia Verhoef het met die vorige twee hofverskynings vir uitstel gevra omdat die getuie, ’n voormalige Namibiese polisie-ondersoeker Christopher Namboga, se nek geopereer moes word en hy nie die geskeduleerde hofdatums kon bywoon nie.
Die prokureurs sal na verwagting op 24 Maart hul finale betoë vir die binneverhoor voor regter Christie Liebenberg lewer.
OOREENSTEMMENDE GETUIENISSE
Namboga het tesame met Nampol-speurder Joseph Ndokosho op 7 Januarie 2011 vanaf die misdaadtoneel na die mobiele telekommunikasiemaatskappy MTC gegaan om selfoonrekords van Heckmair se laaste kontakte te bekom.
Namboga het bevestig wat Ndokosho verlede September getuig het. Hy het verduidelik hoe hulle die nommer van ’n persoon wat ’n voertuig aan die Amerikaners verhuur het, deur MTC se rekords opgespoor het en hoe laasgenoemde ’n afskrif van Thomas se rybewys aan die polisie verskaf het.
Hy het ook aan die polisie gesê dat beide Amerikaners by die African Sky gastehuis tuisgegaan het, waar hulle later in hegtenis geneem is.
Die verdediging het tydens kruisondervraging gepoog om die voormalige polisiebeampte se getuienis onder verdenking te plaas en het ’n aantal teenstrydighede in sy skriftelike beëdigde verklaring, wat hy in April 2012 afgelê het, gevind wat nie ooreenstem met sy mondelingse getuienis van Maandag nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie