Foto ter illustrasie
Foto ter illustrasie

Prysverhoging op 1 Augustus

Dani Booysen
Soos ons op 1 Julie aangekondig het, herinner ons lesers aan die verhoging in die koerant se prys wat Maandag in werking tree.

Ons weet tye is knap vir almal, maar weens wegholstygings in insetkostes het Namibia Media Holdings geen ander keuse nie as om die pryse van sy dagblaaie te verhoog.

Republikein sal vanaf 1 Augustus 2022 teen N$9 per eksemplaar verkoop.

Die redes vir die besluit is die prys van koerantpapier, wat onlangs met 80% gestyg het, asook brandstofpryse, wat jaar op jaar met tot 63% toegeneem het. Die koste van skeepsvrag en internasionale, asook plaaslike vervoer het dramaties toegeneem.

Die toenames in hierdie kostes kan nie alleenlik van advertensiekliënte of uit ander bronne verhaal word nie.

Deel van die verhoging van 28% in die koerant se rakprys gaan aan straatverkopers en kleinhandelvennote.

Ons bedank elke leser, kliënt en vennoot vir hul voortgesette ondersteuning.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!