RedForce ‘dink hy is verhewe bo die wet’

Leandrea Mouers
Die munisipaliteit van Walvisbaai se regsverteenwoordiger het gister bevestig dat die munisipaliteit vandag strafregtelike klagte teen die skuldinvorderaar RedForce gaan instel.

Dit kom nadat vier raadslede van die munisipaliteit gistermiddag op RedForce-werknemers afgekom het wat na bewering besig was om inwoners se watermeters in Narraville te ontkoppel.

“Dis ’n walglike misbruik van die wet en absolute minagting van die regte van Namibiërs. Hierdie mense dink blykbaar hulle is verhewe bo die wet,” het adv. Richard Metcalfe gesê.

Metcalfe se regsfirma, Metcalfe Beukes Attorneys, het reeds in April vanjaar in ’n verklaring daarop gewys dat net werknemers van die munisipaliteit vir die afsluiting en aansluiting van munisipale dienste verantwoordelik is.

“Die munisipale raad van Walvisbaai het opdrag gegee dat geen skuldinvorderaar hoegenaamd sodanige pligte namens die munisipale raad mag uitvoer nie.”

Metcalfe het verder gesê hul ondersoeke na RedForce is nog nie afgehandel nie.

“Meer en meer inligting kom na vore soos ons aangaan. Ek neem aan ons sal die ondersoek binne die volgende vier weke voltooi.”

AANTYGINGS TEEN UITVOERENDE HOOF

Inwoners het ook nog nie die kwessie laat vaar nie en WhatsApp-foto’s is onlangs versprei wat RedForce se uitvoerende hoof, Julius Nyamazana, se beweerde waterrekeninge vir sy huis by Dolphin Beach vanaf Januarie tot Februarie 2024 wys.

’n Brief wat ook aangeheg is, het die volgende gesê: “Daardie rekeninge was die moeite werd om oor te gee; trouens, dit was een van die ouderdomsanalise wat aan RedForce gegee is, maar ’n kommissiefooi is nooit gehef tot vandag, 31 Mei 2024, nie.”

‘TEN VOLLE BETAAL’

Nyamazana het gereageer op vrae oor die rondgaande foto’s en sê hul rekeninge by Walvisbaai se munisipaliteit is vanaf 6 Junie 2024 “op datum en ten volle betaal”.

“Enige bewerings van agterstallige skuld word ten sterkste ontken, en dit word streng aanbeveel dat jy en/of jou bron dit moet kan bewys.

“Wees verder in kennis gestel dat enige vals publikasies van genoemde agterstallige skuld die uitreiking van ’n lastereis teen jouself en die mediahuis waarvoor jy werk sal regverdig. U word gevolglik gemaan om u feite te verifieer en voldoende bewyse te verkry voor u beoogde publikasie.”

Met betrekking tot ander vrae wat verband hou met of RedForce in ag neem of inwoners pensioenarisse of werkloos is voor hulle rente byvoeg of water afsny, asook waar RedForce sy toekoms in Walvisbaai sien, was Nyamazana se reaksie dat hulle nie by magte is om te antwoord nie “omdat die saak tans hangende litigasie in die hoërhof is”.

LITIGASIE

Tans is ’n ondersoek na die aanstelling van RedForce aan die gang deur die munisipaliteit se regsadviseur, wat op 7 Mei aangestel is.

“Wat die litigasie betref, het RedForce aangedui dat hy sy pleitstukke wil wysig en het ook ’n dagvaarding vir [beweerde] laster teen die munisipaliteit gebring.

“Dit sal nutteloos wees, gegewe die inligting wat aan die lig gekom het en wat reeds gevind is sodra ons ons dokumente indien,” beweer Metcalfe.

Die sage tussen RedForce en Walvisbaai se munisipaliteit het begin toe die inwoners van Walvisbaai ’n vreedsame betoging gehou en twee klagskrifte ingedien het.

Dit is gevolg deur ’n mosie wat deur raadslid Ephraim Shozi ter tafel gelê is, om RedForce se dienste met onmiddellike effek te beëindig.

Die munisipaliteit se hoofbestuurder vir finansies, Frans !Gonteb, is op 8 Mei saam met die bestuurder van kredietbeheer, Johanna Shidute, geskors om ’n omvattende ondersoek na die RedForce-kontrak moontlik te maak.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-06-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 9° | 27° Rundu: 9° | 26° Eenhana: 13° | 28° Oshakati: 12° | 28° Ruacana: 11° | 28° Tsumeb: 11° | 24° Otjiwarongo: 10° | 22° Omaruru: 12° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 6° | 20° Henties Bay: 22° | 32° Wind speed: 48km/h, Wind direction: NE, Low tide: 12:23, High tide: 06:27, Low Tide: 01:08, High tide: 18:59 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 45km/h, Wind direction: E, Low tide: 12:21, High tide: 06:25, Low Tide: 01:06, High tide: 18:57 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 49km/h, Wind direction: E, Low tide: 12:21, High tide: 06:24, Low Tide: 01:06, High tide: 18:56 Rehoboth: 6° | 21° Mariental: 9° | 21° Keetmanshoop: 11° | 22° Aranos: 8° | 21° Lüderitz: 22° | 32° Ariamsvlei: 10° | 23° Oranjemund: 18° | 30° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 9° | 21° Lubumbashi: 10° | 26° Mbabane: 10° | 18° Maseru: 5° | 16° Antananarivo: 12° | 15° Lilongwe: 14° | 24° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 14° | 25° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 9° | 18° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 12° | 23° Harare: 11° | 22° Currency: GBP to NAD 22.86 | EUR to NAD 19.37 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.28 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1498.36 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.85 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1781.79 Down -0.12% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13356.07 Down -0.4% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27500.56 Up +0.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9323.23 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.72/OZ DOWN -0.0083 | Copper US$ 4.37/lb UP +0.03% | Zinc US$ 2 963.30/T UP 0.13% | Brent Crude Oil US$ 85.38/BBP UP +0.53% | Platinum US$ 1 015.52/OZ UP +3.29% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 9° | 27° Rundu: 9° | 26° Eenhana: 13° | 28° Oshakati: 12° | 28° Ruacana: 11° | 28° Tsumeb: 11° | 24° Otjiwarongo: 10° | 22° Omaruru: 12° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 6° | 20° Henties Bay: 22° | 32° Wind speed: 48km/h, Wind direction: NE, Low tide: 12:23, High tide: 06:27, Low Tide: 01:08, High tide: 18:59 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 45km/h, Wind direction: E, Low tide: 12:21, High tide: 06:25, Low Tide: 01:06, High tide: 18:57 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 49km/h, Wind direction: E, Low tide: 12:21, High tide: 06:24, Low Tide: 01:06, High tide: 18:56 Rehoboth: 6° | 21° Mariental: 9° | 21° Keetmanshoop: 11° | 22° Aranos: 8° | 21° Lüderitz: 22° | 32° Ariamsvlei: 10° | 23° Oranjemund: 18° | 30° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 9° | 21° Lubumbashi: 10° | 26° Mbabane: 10° | 18° Maseru: 5° | 16° Antananarivo: 12° | 15° Lilongwe: 14° | 24° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 14° | 25° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 9° | 18° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 12° | 23° Harare: 11° | 22° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.86 | EUR to NAD 19.37 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.28 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1498.36 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.85 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1781.79 Down -0.12% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13356.07 Down -0.4% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27500.56 Up +0.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9323.23 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.72/OZ DOWN -0.0083 | Copper US$ 4.37/lb UP +0.03% | Zinc US$ 2 963.30/T UP 0.13% | Brent Crude Oil US$ 85.38/BBP UP +0.53% | Platinum US$ 1 015.52/OZ UP +3.29%