PARTNERS: Windhoek mayor Joseph Uapingene has defended the municipality’s partnership with Redforce. PHOTO: Contributed
PARTNERS: Windhoek mayor Joseph Uapingene has defended the municipality’s partnership with Redforce. PHOTO: Contributed

RedForce sal bly, sê CoW

Munisipaliteit ondersoek skuldbestuurmetodes
Die burgemeester het 'n beroep op inwoners gedoen om hulself van die relevante wysigings te vergewis.
Yandi Du Plessis
Mathias Haufiku – Windhoek se burgemeester, Joseph Uapingene, hou vol RedForce Debt Management, die munisipaliteit se huidige skuldinvorderaar, is die mees haalbare opsie om geld in te vorder wat deur inwoners verskuldig is.

Dit ten spyte van verskeie versoeke deur Windhoekers dat die munisipaliteit sy skuldinvordering self moet behartig.

Inwoners van die hoofstad skuld die munisipaliteit meer as N$1 miljard in munisipale rekeninge, met byna die helfte van dié skuld wat reeds deur RedForce ingevorder is.

Uapingene het verlede week Stad Windhoek (CoW) se standpunt tydens ’n gewone raadsvergadering weer eens bevestig.

Volgens hom hef die munisipaliteit 20% per jaar op agterstallige skuld, terwyl RedForce slegs 10% vra.

“Voor RedForce aangestel is, is kliënte se rekeninge aan prokureurs oorhandig vir verdere skuldinvordering, wat blykbaar duur was en geen waarborg van finansiële voordeel vir die CoW of die kliënt gebied het nie. Daarteenoor hef RedForce net 10% van werklike betalings wat deur die raad ontvang word, wat dit ’n meer finansieel haalbare opsie maak,” het hy verduidelik.

VOLHOUBAARHEID

Uapingene het bygevoeg geen pensioenarisse se residensiële eiendomsrekeninge sal aan RedForce oorhandig word nie, terwyl geen rente gehef word op rekeninge wat reeds oorhandig is nie – behalwe vir die invorderingsfooi van 10% op elke betaling wat gemaak word.

Hy het bygevoeg: “Die munisipaliteit werk tans aan ’n voorstel om skuld vir pensioenarisse en rente vir alle inwoners af te skryf. Hierdie proses moet egter met omsigtigheid uitgevoer word om volhoubaarheid oor die lang termyn te verseker.”

Die munisipaliteit ondersoek verskeie skuldbestuurmetodes, maar is gebonde aan wetlike mandate soos die Verjaringswet en rentekoste ingevolge die wet op plaaslike owerhede, het die burgemeester gesê.

“Daarom kan die CoW nie rente op agterstallige skuld vries nie.”

Uapingene het ’n beroep op die publiek gedoen om hulself van die relevante wysigings te vergewis.

Vir pensioenarisse se betalingsreëlings het die munisipaliteit besluit om ’n afbetaling van slegs 15% te hef in plaas van die vereiste 33,33% volgens die CoW se kredietbeheerbeleid,” het hy bygevoeg.

KRAGVOORSIENING

Tydens die vergadering het die raad ook ’n plan goedgekeur om voor 2028 sowat 4 000 huishoudings in Windhoek se informele nedersettings van krag te voorsien.

Die vyfjaar-kragplan beoog om op die vorige plan, wat van 2017 tot 2022 gestrek het, uit te brei.

Statistieke wat die CoW verskaf het, wys sedert 2017 is 3 515 kragnetwerkverbindings in die gebiede van Otjomuise, Havana, Goreangab, One Nation, Okahandja Park, Ongulumbashe, Babilon en Kilimanjaro voltooi.

Die kragvoorsieningsprojekte onder die 2017-’22-plan is deur die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling en NamPower gefinansier, met ’n kapitaalbelegging van altesaam sowat N$45 miljoen.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 21° | 30° Tsumeb: 20° | 30° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 18° | 29° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 15° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 19° | 32° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 14° | 28° Ariamsvlei: 21° | 36° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 26° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 18° | 29° Cape Town: 19° | 25° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 19° | 27° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 31° Harare: 19° | 25° #REF! #REF!