Reho-stakers terug op hul pos
Die nagenoeg 90 werknemers van die dorpraad was gister terug op hul pos nadat die staking ná bykans twee weke opgeskort is.
Die burgemeester, mnr. Enrico Junius, het gister gesê die bestuurskomitee het dit in onderhandelinge met verteenwoordigers van die Staatsdienswerkersunie (Napwu) duidelik gemaak die besluit om geen verhogings aan plaaslike owerhede toe te staan nie, is deur die kabinet geneem en geld al 57 munisipaliteite, dorps- en nedersettingsrade in die land.
Ofskoon die dorp se bestuurskomitee verlede jaar die versoek vir ’n verhoging van 4% goedgekeur het, is dit deur die kabinet se besluit ongedaan gemaak.
Verder was die opdrag vanaf die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, mnr. Erastus Uutoni, ook onomwonde dat die stakers geen betaling mag ontvang vir die agt dae wat hulle nie by die werk was nie.
Junius sê alle dienste was teen gister herstel. “Sommige werkers het die naweek al begin om die pompstasies vir riooolverwydering weer aan die gang te kry en seker te maak inwoners het water en elektrisiteit.
Hy sê minister Uutoni het reeds voor die staking namens die 57 plaaslike owerhede ’n aansoek by die Arbeidshof ingedien om sekere dienste soos water, elektrisiteit en riolering as noodsaaklike dienste te verklaar.
“Dit beteken as die werkers weer sou staak, het ons geen ander keuse as om die hof te vra om dié bevel af te dwing nie,” sê Junius. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie