Reis van N$230 000 na Brasilië spook by Gawanas
Burgemeester sê sy is nie oor reëlings ingelig nie
Amptenare binne die burgemeester se kantoor het glo druk op die finansiële departement uitgeoefen om vir die vliegkaartjies te betaal.
Jemima Beukes – Windhoek se burgemeester, me. Sade Gawanas, sê bewerings dat sy interne prosedures verontagsaam het om ‘n drie dae lange landbouslypskool in Brasilië by te woon – waarvoor die munisipaliteit nagenoeg N$230 000 bestee het en wat nié deel van die stadsbegroting was nie – is onwaar.
Die munisipaliteit se bestuurder vir maatskaplike en jeugontwikkeling, mnr. James Kalundu, het haar op die reis vergesel.
Gawanas is genooi om die 8ste Milan Urban Food Policy Pact (MUFPP) by te woon wat die Global Forum in Rio de Janeiro vanaf 17 tot 19 Oktober aangebied het.
Kalundu en Gawanas het op 15 Oktober vertrek en op 21 Oktober na Namibië teruggekeer.
Die organiseerders het die Windhoek-munisipaliteit (CoW) aanvanklik ingelig dat hulle ‘n retoervlug in ekonomiese klas en vier nagte se verblyf sal dek, onderhewig aan die goedkeuring van die bestuurskomitee.
Die komitee het die reis goedgekeur op voorwaarde dat die organiseerders vir die vliegkaartjies betaal.
PLANNE VERANDER
Die organiseerders het egter op 13 Oktober hul belofte teruggetrek toe hulle die munisipaliteit se amptenare in kennis gestel het dat hulle nie meer ‘n vliegkaartjie sal kan aanbied nie en die munisipaliteit dus self daarvoor sal moet betaal.
Amptenare van die burgemeester se kantoor, wat vir die reis se logistieke reëlings gesorg het, het glo versuim om die bestuurskomitee oor die nuwe verwikkelinge in te lig. In plaas daarvan het hulle glo druk op munisipale amptenare binne die finansiële departement uitgeoefen om vir die burgemeester en Kalundu se vliegkaartjies te betaal.
Bronne binne die CoW het beweer die munisipale amptenare wat die reis gereël het, was veronderstel om die bestuurskomitee oor die nuwe verwikkelinge in te lig.
“Dit is duidelik dat hulle gekies het om nie die komitee in te lig nie, want hulle het geweet die reis sou nie goedgekeur word nie. As die bestuurskomitee ernstig is daaroor om die sake van hierdie instelling versigtig te bestuur, moet hulle ondersoek instel om die skuldiges te vind. In hierdie stadium is dit óf die burgemeester wat instruksies aan die amptenare gegee het om agter die komitee se rug met die reëlings voort te gaan, óf die amptenare in die burgemeester se kantoor het opgetree sonder haar medewete,” het die munisipale binnestander gesê.
ONSKULDIG
Gawanas hou vol sy het niks verkeerd gedoen nie en sê die amptenare wat die reis gereël het, moet die verantwoordelikheid dra. Sy sê sy was nie bewus dat die organiseerders van die geleentheid hul aanbod om vir die kaartjies te betaal, teruggetrek het nie.
“Daar was geen vergadering nie, geen oproep, geen boodskap, niks wat kan bewys dat hierdie inligting met my gedeel is nie. Ek het ook die 15de om 05:00 die oggend vertrek. Ek het die notule van hul vergaderings na die Brasilië-reis ontvang. Selfs toe hulle die aanvanklike reis goedgekeur het, was ek nie deel van daardie vergadering nie en as hulle sê ek het geweet, moet hulle dit bewys,” het sy Woensdag by medianavraag gesê.
Haar retoerkaartjie het Windhoekse belastingbetalers N$62 741 gekos.
In Kalundu se geval het die munisipaliteit N$58 000 vir sy vliegkaartjies en N$53 000 vir sy reis- en verblyftoelaes opgedok.
’n Bykomende N$17 465 is ook vir oorgrens-selfoondienste (roaming) vir albei vir die week betaal.
KOMMUNIKASIEGAPING
Die organiseerders het wel hul belofte nagekom om vir vier nagte by die Windsor Hotel Marapendi te betaal.
Gawanas hou vol sy het niks geweet oor die reëlings wat verander het nie.
“Daardie inligting is nie met my gedeel nie. Mnr. Christopher Eita, die bestuurder van eksterne betrekkinge en netwerke, het die reëlings hanteer,” het sy gesê
Eita wou nie kommentaar lewer nie en het gesê dit is nie sy plek om met die media oor hierdie saak te praat.
BESIGHEIDSKLAS
Volgens munisipale bronne het Gawanas op pad terug versoek dat haar ekonomiese kaartjie na besigheidsklas opgegradeer word vir die 14 uur lange vlug tussen Sao Paolo en Doha, Katar. Die bestuurskomitee het die versoek van die hand gewys en begrotingsbeperkings as rede aangevoer.
Gawanas het bevestig sy het ‘n opgradering aangevra omdat “die vlug lank en aaklig was”.
Sy het ook beweer die CoW se beleid maak voorsiening vir die burgemeester om in besigheidsklas te vlieg op enige reis wat langer as agt uur duur, en sy was dus verward toe haar versoek vir ‘n opgradering afgekeur is.
Sy het bygevoeg: “Die beleid bepaal dat die burgemeester besigheidsklas moet vlieg, veral as dit langer as agt uur is. Ten spyte van hierdie beleid het die komitee gesê hulle kan nie my versoek goedkeur nie omdat die munisipaliteit nie besigheidsklas kan bekostig nie. Die vlug vanaf Doha na Sao Paolo was ongeveer 14 uur. My bene was geswel; dit was regtig onaangenaam, en daarom het ek die waarnemende uitvoerende hoof gevra om my op te gradeer na besigheidsklas of ten minste na premium ekonomiese klas.”
By navraag vir kommentaar het mnr. Harold Akwenye, die CoW se woordvoerder, belowe om terug te bel. Teen druktyd het hy egter nog nie gereageer nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie