Restaurant ploeg terug in gemeenskap
As deel van sy bydrae tot die gemeenskap gaan die Temperature Restaurant and Lounge in Windhoek ’n totaal van N$480 000 skenk as ’n bydrae tot sy jaarlikse liefdadigheidsdag vir die gemeenskap.
Volgens die organiseerders is die doel van die dag om terug te ploeg in die Khomasdal-gemeenskap. Die spesiale dag vind Saterdagoggend in die Khomasdal-stadion plaas. Dit het ten doel om plaaslike skole, pensioenarisse en kinderhuise te ondersteun deur noodsaaklike skenkings te maak, terwyl dit ook ’n dag van pretaktiwiteite vir gesinne is.
Temperature se direkteur vir bemarking en korporatiewe betrekkinge, Rousa Shikoha, sê sewe skole sal altesaam 100 houers van 5 l-skoonmaakmiddels ontvang, sowel as 50 bokse papier. Nog ’n skenking van 100 houers van die skoonmaakmiddels sal aan twee kinderhuise oorhandig word om ’n skoon en higiëniese omgewing vir die kinders in hul sorg te verseker.
“Deel van die geleentheid is ook ’n trekking waartydens 20 pensioenarisse elk met ’n koopbewys vir krag ter waarde van N$1 000 sal wegstap,” sê Shikoha.
Die dag word moontlik gemaak deur verskeie skenkings en borge. Dit sluit in TST Marketing wat geskenkpakke ter waarde van N$10 000 geskenk het, Katakombe Restaurant wat vir 240 koeldranke sal sorg, ’n groep platejoggies (DJ’s) wat ook in die verlede by die spesiale dag betrokke was en wat bokse papier skenk en laastens November Charity wat hul tyd en personeel beskikbaar stel.
Shikoha het Temperatuur se verbintenis om ’n positiewe impak te maak en eenheid te bevorder, beklemtoon.
“Ons is opgewonde om terug te gee aan die Khomasdal-gemeenskap wat ons oor die jare ondersteun het.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie