Roudiens vir Engelbrecht-egpaar Vrydag gehou
Die roudiens vir die egpaar wat verlede Woensdag in 'n brand by 'n lodge in die sudie gesterf het, se roudiens vind Vrydag in Windhoek plaas. Sakkie Engelbrecht (76) en sy vrou Annetjie 72 het in die brand in hul suite by die We Kebi Safari Lodge in die Maltahöhe-distrik, sowat 70 km van Sesriem, gesterf. Die diens vir die geliefde egpaar vind Vrydag om 10:00 vanuit die NG Kerk Windhoek Oos in die hoofstad plaas. Die diens kan ook aanlyn gevolg word by die skakel https://youtu.be/xqj6Ne_2hyc.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie