MAINTENANCE: The Rundu Town Council has announced the commencement of an N$16 million road maintenance project on three major roads. Photo Nikanor Nangolo
MAINTENANCE: The Rundu Town Council has announced the commencement of an N$16 million road maintenance project on three major roads. Photo Nikanor Nangolo

Rundu-dorpsraad herstel paaie

N$16 miljoen toegeken aan drie paaie
Die dorpsraad beoog ook om die strate van dié Noorde-dorp se informele nedersettings te teer sodra die finansiering beskikbaar is.
Nikanor Nangolo
Nadat die Rundu-dorpsraad in 2022 onder die Padfondsadministrasie (RFA) se kritiek deurgeloop het omdat die dorpsraad versuim het om toegekende fondse vir die opgradering van paaie aan te wend, het hulle nou stappe gedoen om dié kwessie te takel.

Die raad het onlangs die aanvang van ’n padinstandhoudingsprojek van ongeveer N$16 miljoen op drie groot paaie aangekondig – Haingura Mise (N$8,2 miljoen), Elizabeth Nepemba en Maria Mwengere (N$6,2 miljoen).

Die woordvoerder, Benjamin Makayi, het aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê die reën het meeste van die paaie beskadig.

“Die RFA het die finansiering verskaf om Elizabeth Nepembastraat en Maria Mwengerestraat te rehabiliteer, terwyl die N$8,2 miljoen vir Haingura Misestraat deur die raad verkry is.

“Ná die rehabilitasie van dié paaie sal daar surplusfondse wees wat gebruik sal word om beskadigde paaie te probeer regmaak deur ou teerpaaie te verwyder en nuwes te teer. Die raad het ook die besluit geneem om Markus Siwarongostraat van ’n eenrigting- na ’n tweerigtingpad te verander. Altesaam N$2,5 miljoen is vir die projek begroot,” het hy gesê.

“Ons beplan ook om 10 paaie in die dorp se informele nedersettings van sand- na gruispaaie op te gradeer. Dit sal egter eers gedoen word sodra meer finansiering beskikbaar gestel is. Dit is egter deel van die raad se planne om sommige paaie in die informele nedersettings op te gradeer en ons glo dit sal help.”

Makayi het erken daar is meer paaie wat opgegradeer moet word.

“Dit is nie dat die drie bogenoemde paaie die enigste belangrike paaie is nie. Die raad stel ook ondersoek in om al die beskadigde paaie te herstel, maar weens beperkte fondse kan die raad net soveel op ’n slag doen,” het hy gesê.

VEILIGHEID

In 2022 het Ali Ipinge, die uitvoerende hoof van die RFA, Rundu besoek en sy kommer uitgespreek oor die dorp se versuim om die N$5,5 miljoen – wat aan die dorp vir padopgraderings toegeken is – te benut.

Die burgemeester, Gabriel Kanyanga, het destyds ’n gebrek aan ingenieurs om toesig te hou oor die tegniese aspekte van padinstandhouding en om die proses te bestuur as rede verskaf.

Inwoners is reeds ’n geruime tyd ontevrede oor die toestand van die dorp se paaie, en noem veiligheidsredes en skade aan voertuie as groot bekommernisse.

Die N$16 miljoen wat aan die projek toegeken is, sal na verwagting verskeie opgraderings dek, insluitend die herbou van paaie, om slaggate te vul en die algemene opgradering van infrastruktuur.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 29° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 26° | 35° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 18° | 37° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 22° | 32° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 18° | 37° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 14° | 30° Ariamsvlei: 19° | 37° Oranjemund: 14° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 34° Lubumbashi: 17° | 20° Mbabane: 15° | 27° Maseru: 19° | 33° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 18° | 21° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 26° Johannesburg: 20° | 31° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 20° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!