‘Saam kan ons meer doen’
’n Platform waar rolspelers in die toerismebedryf idees kan uitruil, produkte en dienste ten toon stel en innoverende maniere ondersoek om post-Covid sake te doen.
Dit was gister hoe die adjunkminister van die omgewing, toerisme en bosbou, me. Heather Sibungo, tydens die amptelike bekendstelling van vanjaar se Namibië Toerisme Ekspo (NTE) wat van 3 tot 5 November in Windhoek plaasvind, die geleentheid opgesom het.
Die gewilde ekspo vier vanjaar sy 24ste bestaansjaar onder die tema “Saam kan ons meer doen”, met die fokus op eenheid en inklusiwiteit, sowel as die ontwikkeling van toerisme in streke en op gemeenskapsvlak.
In die lig van die Covid-19-pandemie is verlede jaar se ekspo eers op ys geplaas en is daarop gefokus om die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste te ondersteun met ’n toets- sowel as ’n inentingsentrum, asook die deel van inligting via Namibia Media Holdings (NMH) se platforms.
Volgens Sibungo was dit deel van vele pogings om Namibië te bring tot waar 30% van sy inwoners vandag ingeënt is.
“Dit was nodig om te verseker inwoners en besoekers het toegang tot toetsgeriewe wanneer dit die nodigste was, veral vir reisdoeleindes,” het sy gesê.
Die adjunkminister het die afgelope twee jaar as “hartseer” vir die bedryf bestempel en onder meer verwys na besighede wat hul deure moes sluit en mense wat hul werk verloor het.
Sibungo sê hoewel die bedryf hard deur die pandemie getref is, is daar sedert verlede jaar ’n geleidelike toename in internasionale besoekers aan die land.
Volgens haar het die pandemie die sektor verenig, ’n positiewe ontwikkeling wat broodnodig is om die herstelproses te ondersteun en ’n verenigde en inklusiewe toerismesektor te herbou.
Sibungo het verwys na haar ministerie wat ’n nasionale toerismeherstelplan vir die volgende drie jaar opgestel het, wat binnekort bekend gestel sal word.
Sy het beklemtoon dat die private en openbare sektor saam met die ministerie moet werk om die suksesvolle implementering van die beplande programme te verseker.
NTE sal tot en met November kragte saamsnoer met die Namibiese toerismebedryf om die 10 Degrees South-inisiatief ’n hupstoot te gee wat in 2020 deur die omgewingsministerie van stapel gestuur is. Die doel is om reise in tien Suider-Afrikaanse lande te bevorder.
Volgens die uitvoerende hoof van die Namibiese Toerismeraad, mnr. Digu //Naobeb, is daar ’n behoefte aan die ontwikkeling van reise tussen SADC-lande.
As die afname in besoekersgetalle uit internasionale markte die afgelope twee jaar in ag geneem word, sê //Naobeb is dit nou die tyd vir operateurs en agente om dié tien lande aan hul eie inwoners te bemark.
Volhoubare toerisme is nou belangriker as ooit, het NMH se uitvoerende hoof, mnr. Albe Botha, beklemtoon.
“Samewerking is die sleutel as ons die (toerisme)bedryf wil opbou,” het hy gesê.
Die NTE word buiten die ministerie ook ondersteun deur Stad Windhoek, die Namibië Toerismeraad en die Namibiese Toerismevereniging (Fenata).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie