SADC-landbouministers bespreek strategieë
Klimaat, peste en onderbrekings in voedselketting
SADC behoort sy pogings te verskerp om voedselproduksie in die streek te verbeter noudat dit ongekende uitdagings die hoof moet bied.
Ellanie Smit
Die ministers verantwoordelik vir landbou en voedselsekuri-teit, visserye en akwakultuur binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) het verlede week in Malawi byeengekom vir strategiese besprekings nadat die streek reuse-uitdagings die hoof moes bied.
Altesaam 14 lidlande het die geleentheid bygewoon, naamlik Angola, Botswana, die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK), Eswatini, Lesotho, Madagaskar, Malawi, Mauritius, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.
Die doel van die byeenkoms was om die toepassing van beleide en strategieë te oorweeg en te hersien – wat bedoel was om landbou-, kos- en voedselsekuriteit asook visserye en akwakultuurproduksie in die streek te bevorder.
Volgens ’n verklaring wat tydens die byeenkoms uitgereik is, was die streek se grootste uitdagings té veel reën, wat vloede op sommige plekke veroorsaak het, asook siklone en droogtes op ander plekke. Diere- en plantpeste en siektes het ook oor grense heen versprei.
Tydens die geleentheid is gebeurtenisse wat verskaffingskettings en -dienste onderbreek het, soos die Covid-19-pandemie, ’n stygende inflasiekoers en rekordhoë openbare skuld ook in ag geneem. Dit het talle lande se vermoë belemmer om die huidige sosioëkonomiese uitdagings die hoof te bied. Die wêreldwye bedreiging van voedselsekuriteit, wat deur Rusland se inval van Oekraïne veroorsaak word, is ook onder die loep geneem.
Die voorsitter van die geleentheid en ook die landbouminister van Malawi, Lobin Lowe, het SADC-lidlande daarvoor geloof dat hulle ywerig in hierdie moeilike tye bly werk het en ’n groot aantal voorstelle geïmplementeer het wat die streek se landboudoeltreffendheid verbeter. Dit sluit in die 2021-’22 sintese-verslag oor die stand van voedsel- en voedingsekuriteit en –kwesbaarheid van die SADC-streek.
SADC se adjunk- uitvoerende sekretaris vir streekintegrasie, dr. Thembinkosi Mhlongo, het die belangrikheid daarvan beklemtoon dat SADC-lidlande harder moet soek na permanente oplossings om beter opbrengste in landbou te verseker.
Die sektor is immers deurslaggewend vir die gebied se sosioëkonomiese groei en ’n groot katalisator vir die verligting van armoede sowel as die vermindering van hongersnood.
“SADC behoort sy pogings te verskerp om voedselproduksie te verbeter terwyl dit ongekende uitdagings in die gesig moet staar, wat reeds ’n wêreldwye negatiewe impak gehad het. Dit sluit in die voortslepende oorlog in Europa, wat die beskikbaarheid van landboubenodighede, insluitende graan en landbou-insette, benadeel het.”
Mhlongo het verder gesê alhoewel die SADC-streek vooruitgang getoon het om die impak van klimaatsverandering te absorbeer, is dit belangrik om voort te gaan om na die omgewing om te sien, veral waar die landbousektor sy bydrae tot aardverhitting kan beperk. Dit sal omgewingsagteruitgang verminder, asook ’n negatiewe impak op ander natuurlike hulpbronne soos die visbedryf en akwakultuur.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie