Saterdag bult boele hul spiere

Iréne-Mari van der Walt
Iréne-Mari van der Walt

Die Biltongfees wat komende Saterdag by die Trustco United-sportgronde plaasvind, bied iets vir die hele gesin, selfs vir ons vierpotige vriende.

’n Senior keurder van die Suid-Afrikaanse Boerboeltelersvereniging (SABBS), mnr. Thys van Solms, is gerat om boerboele by die fees vir registrasie te keur.

“Boerboele is ’n landras wat eie aan Suider-Afrika is en slegs SABBS kan boerboele keur,” sê me. Joewina Lange, SABBS-lid en Namibiese boerboelteler.

Na verwagting sal ongeveer 25 boerboele Saterdag opdaag om hul volwaardige kleure te kry.

“Wanneer ’n geregistreerde teler boerboele teel, kry die honde ’n geboortesertifikaat. Hulle is dan op ’n databasis, maar hulle is nog nie geregistreer nie. Boerboele word op ’n 72 punt-skaal gemeet teen die rasstandaard,” verduidelik Lange.

Die boerboelreun en -teef wat die hoogste gekeur word volgens dié skaal sal Saterdag ’n trofee en medalje asook ’n geskenkpak ontvang.

Boerboele moet onder meer die regte inentings ontvang het en ’n mikrokaart hê om gekeur te kan word.

Wanneer ’n boerboel geregistreer is, kan die boerboel aan skoue en kompetisies deelneem asook deel word van verskeie SABBS-aktiwiteite soos sperm­skenkings. Telers kan ook slegs met boerboele teel wanneer hul boerboele geregistreer is.

Lange moedig boerboeleienaars en diegene wat meer oor dié honderas wil leer, aan om Saterdag die keuring by te woon.

“Hulle kan na die boerboele kom kyk en vrae vra; ons sal graag hul vrae beantwoord,” sê sy.

Kaartjies vir die Biltongfees is nou beskikbaar, so maak seker jy kry joune by www.eticket.my.na

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!