Selfdegeslag-eggenote neem stryd na hooggeregshof
Uitspraak van 2001 onder skoot
Die hooggeregshof moet 'n moontlik grensverskuiwende besluit oor immigrasieregte vir selfdegeslaghuwelike neem.
Jana-Mari Smith
Die finale stadium is gereed vir Namibië se hoogste hof om te besluit of Namibiese owerhede wetlik gelyke regte aan Namibiërs en hul nie-Namibiese selfdegeslag eggenote moet toestaan.
Twee Namibiërs, mnr. Johann Potgieter en me. Anette Seiler – wat albei getroud is met buitelanders aan wie dieselfde woonregte as heteroseksuele buitelanders wat met Namibiërs getroud is, al jare lank geweier word – se prokureurs het hul appèlaansoek afgelope Donderdag by die hooggeregshof ingedien.
Die appèl het ten doel om drie hoërhofregters se uitspraak in Januarie tersyde te laat stel, waarin die paartjies se aansoeke om gelyke familie- en huwelikserkenning in Namibië te kry van die hand gewys is.
’n Groot struikelblok wat die hoërhof in die gesig gestaar het, en wat volgens hulle slegs deur die hooggeregshof hanteer kan word, is ’n 2001-uitspraak van die hooggeregshof – waarna algemeen as die “Frank-saak” verwys word – wat as ’n regspresedent teen gelyke huwelikregte vir LGBTQ-Namibiërs bekragtig is.
Die appèl lys verskeie gronde teen die hooggeregshof se uitspraak, insluitend die argument dat die bevindinge van die Frank-uitspraak nie bindend was op die wetlike erkenning van huwelike, eggenote en gesinne in Namibië nie.
Die appèl voer aan indien die hooggeregshof egter bevind dat die Frank-uitspraak bindend was, moet dit “sy eie vorige besluit om ’n aantal dwingende redes omkeer”.Onder dié redes is dat die Frank-uitspraak die grondwetlike regte op menswaardigheid geïgnoreer het, en misluk het in die interpretasie van die internasionale wet in verband met menseregte wat relevant vir Namibië is. Die appèl lys ook ’n aantal punte vervat in die hoërhof-uitspraak wat, hoewel dit nie op ’n oorwinning vir die applikante uitgeloop het nie, diep krities was oor die gebrek aan gelyke regte en erkenning vir Namibië se LGBTQ-gemeenskap.
Die appèl beklemtoon dat die Frank-uitspraak ’n regsdwaling begaan het deurdat dit bevind het diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie en maatskaplike status word nie deur Namibië se grondwet verbied nie.
Volgens die appèlaansoek moet die hooggeregshof beslis dat die egpare se siviele huwelike, wat buite Namibië bevestig is in jurisdiksies wat nie selfdegeslaghuwelike verbied nie, in Namibië erken word en dat hulle volgens hul grondwetlike regte as gesinne erken word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie