‘Selfdood-pakt’: Egpaar beplan sterftes noukeurig
Hul name nog nie bekend gemaak
'n Buitelandse egpaar wat die afgelope naweek op Swakopmund selfdood gepleeg het, het dit na bewering gedoen om 'n lewe van terminale siekte gespaar te wees.
Die egpaar wat Sondag in hul huis op Swakopmund selfdood gepleeg het nadat hulle ook hul troeteldiere om die lewe gebring het, kon nie sonder mekaar leef nie.
Hulle het dit glo gedoen aangesien die man ’n terminale siekte gehad het en sy so lief was vir hom, dat sy nie sonder hom wou leef nie.
Dis glo as rede in die selfdoodbrief aangevoer wat op die toneel gevind is toe die vrou se kollega Sondag na hul huis gegaan het. Dis nou deel van die bewyse waarop die polisie se forensiese beamptes gister beslag gelê het.
“Hy het ’n bloedtoestand gehad en het nie baie tyd oorgehad nie; sy was te lief vir hom om sonder hom te wees. Dit is glo die rede vir hierdie tragedie,” het die kollega gister vertel. Die hoof van die Namibiese polisie se Instituut vir Forensiese Wetenskap (NPSFI), komm. Nelius Becker, en die nasionale forensiese deskundige, dr. Paul Ludik, was onder die forensiese beamptes wat die egpaar se huis in Goshawkstraat in Swakopmund se Vogelstrand-woonbuurt gefynkam het.
Die oorledenes was steeds in hul bed waar hulle sy aan sy gesterf het nadat hulle glo “iets gedrink het”. Die egpaar het ook hul troeteldiere (’n hond en kat) by hulle in die slaapkamer om die lewe gebring.
Die polisie was tot gistermiddag nog huiwerig om die egpaar se identiteit bekend te maak aangesien hulle buitelandse burgers was.
Die man was ’n Suid-Afrikaner en die vrou ’n Britse burger. Hulle het ’n maatskappy bedryf wat dienste aan Swakop Uranium lewer. Hulle laat een seun agter.
“Die ambassades is ingelig en moet op hul beurt die naasbestaandes in kennis stel. Niemand wil van die dood van hul familie in die media lees voordat dit amptelik bekend gemaak is nie,” het die nasionale woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Kauna Shikwambi, gesê.
Republikein is wel in besit van die oorledenes se name.
Op ’n vraag oor wat hul dood veroorsaak het, het Ludik gesê dit moet nog bevestig word en daarom kan hy nie kommentaar lewer nie.
Volgens die kollega (wie se naam nie genoem word nie) het die vrou se vriendin haar Sondag uit Suid-Afrika gebel om te vra of sy (die kollega) ’n e-pos ontvang het wat die slagoffer glo beloof het om vir dié vriendin te stuur. Sy het vir die vriendin gesê om die kollega te bel as sy nié die e-pos kry nie.
“Sy het Sondag gebel om te vra of ek die e-pos gekry het, maar ek het gesê om toegang tot die e-pos te verkry, sal ek haar (die slagoffer) se rekenaar moet gebruik, wat by haar huis was. Die vriendin het toe vir my gesê om nie soontoe te gaan nie, wat my agterdogtig gemaak het. Ek het gevra hoekom nie, en toe sê sy as ek gaan, moet ek die polisie saamvat,” het sy gister vertel.
Met die kollega se aankoms by die huis – vanwaar die egpaar ook die onderneming bedryf het – was daar ’n nota by die ingang wat gelui het: “Moenie na die slaapkamer toe kom nie. Bel die paramedici.” Daar was ook ’n ondertekende testament met hul name by wat verskeie besigheidsaksies wat geneem moet word, uitstippel.
Die egpaar is dood in hul bed gevind, met die kat en hond ook saam met hulle in die slaapkamer.
“Hulle was sulke lieflike mense – plat op die aarde en gelukkig. Sy was lief vir diere, en as sy kon, sou sy waarskynlik ’n dieretuin bestuur het,” het die kollega gesê en bygevoeg sy is “gevul met gemengde emosies van skok en woede”.
Die egpaar het glo klein notas aan al hul werknemers gelos, maar die polisie het daarop beslag gelê voordat die inhoud gelees kon word.
“Wanneer ek die rekenaar terugkry ná die polisie daardeur is, sal ek moontlik meer verstaan. Hier is geen familie nie, en ek is aangesê om vir baie dinge te sorg. Ek is steeds in die duister,” sê sy.
“Ek weet daar was skuld, maar daar was ook verduidelikings oor hoe om dit te benader. Hoekom het hulle nie net uit die land gevlug nie? Wat ook al aan die gang was, het veroorsaak dat hulle dit (die selfdood-pakt) oor ’n lang tyd so noukeurig beplan het.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie