Sensusopnemers wag op betaling

Wend hulle tot politici
Die NSA se uitvoerende hoof het gesê die oorsaak van die vertragings wissel van ongeldige bankrekeninge tot onakkurate bankbesonderhede wat 'n rimpeleffek op die proses het.
Yandi Du Plessis
Elizabeth //Kheibes en Rita Kakelo - Sommige gefrustreerde sensusveldwerkers het hulle tot politici gewend om in te gryp oor betalings wat na bewering gedeeltelik of glad nie gemaak is nie en vertragings in die proses.

Dit nadat die Namibië Statistiekagentskap (NSA) probleme ondervind het met die betaling van die werkers, het die United People’s Movement (UPM) gesê.

In ’n verklaring wat die UPM-president, Jan van Wyk, vandeesweek uitgereik het, beskuldig die party die NSA daarvan dat hy sensusopnemers “uitbuit en viktimiseer” en nie betyds betaal nie.

Die party het gesê hy het verskeie klagtes van sensusveldwerkers ontvang wat sê hulle is nog nie betaal nie. Verder merk hy op dat spantoesighouers en veldwerkers “gedreig is dat hulle vervang kan word” toe hulle navraag oor die betalings gedoen het.

“Talle klagtes is by ons kantoor ontvang van verskeie kiesafdelings en dorpe oor sommige veldwerkers en spantoesighouers, wat anoniem wil bly weens intimidasie, wanneer hulle navraag doen oor hul situasies, hul lone, ensovoorts. Die amptenare van die NSA dreig hulle met vervanging,” voeg die party by.

“Die UPM beskou hierdie behandeling as ’n skending van die waardigheid van kwesbare en werklose sensusopnemers deur die NSA. Dit wil voorkom asof daar nie net van die werkloses gebruik gemaak is om werkloosheid te verlig nie, maar om hulle ook in hierdie tydperk uit te buit en te viktimiseer.”

Alex Shimuafeni, die NSA se uitvoerende hoof, het gister die aantygings wat teen die agentskap gemaak is, aangeroer en bevestig dat daar ’n agterstand in die betalingsproses is.

“Daar is 13 000 betalings wat verwerk moet word, dit is ’n uitdaging waaraan ons onverpoosd werk,” het hy gesê.

Verder het Shimuafeni gesê die oorsaak van die vertragings wissel van ongeldige bankrekeninge tot onakkurate bankbesonderhede van een persoon wat ’n rimpeleffek op die proses het. Hy het egter verseker die beamptes sal teen die einde van die maand betaal word. Ottilie Mwazi, die adjunk-statistikus-generaal, het die laasgenoemde belofte beaam.

“Ons moet dit egter duidelik maak dat daar twee tipes betalings is: veldtoelae en vervoertoelae.”

Shimuafeni het verduidelik dat 60% van die betaling gedek is, en die oorblywende 40% is waaraan die NSA werk om nog te betaal.

Mwazi het verder verduidelik om hul betalings te verseker, moet die die sensusopnemers teruggee wat aan die NSA verskuldig is en gesê: “Ons moet seker maak dat die toebehore (tablette) na die hoofkantoor terugbesorg word, sowel as ander toerusting en werkgereedskap wat aan hulle gegee is, as ’n vorm van betalingsverifiëring.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!