Sindano Hango, die sakeman wat aan verkragting skuldig bevind is, en sy prokureur, mnr. Kadhila ­Amoomo. Foto Tuyeimo Haidula
Sindano Hango, die sakeman wat aan verkragting skuldig bevind is, en sy prokureur, mnr. Kadhila ­Amoomo. Foto Tuyeimo Haidula

Sindano Hango hoor vandag sy vonnis

Verkragter sê sy verhoor was onregverdig
Die langverwagte vonnis-oplegging van Sindano Hango, die sakeman wat aan verkragting skuldig bevind is, het Dinsdag in die Oshakati-streekhof begin.
Tuyeimo Haidula
Tuyeimo Haidula op Oshakati

Die sakeman Sindano Hango word vandag gevonnis nadat hy in Februarie 2021 in die hoërhof op Oshakati skuldig bevind is aan die verkragting van sy niggie in Oktober 2014.

Landdros Leopoldt Hangalo het Hango aanvank­lik in 2019 in die Oshakati-streekhof onskuldig bevind, maar die hoërhof het die uitspraak tersyde gestel nadat die staat daarteen geappelleer het.

In Desember 2021 het Hango se regsverteenwoordiger, mnr. Kadhila Amoomo, die landdros – na wie die saak terugverwys is – gevra om vonnisoplegging uit te stel sodat getuies tyd kan maak om hof toe te kom.

Die vonnisoplegging sou aanvank­lik Maandag plaasvind, maar landdros Hangalo het die uitspraak tot 1 Februarie uitgestel omdat Hango se prokureur glo siek was.

Die uitspraak is daarna weer tot vandag uitgestel.

MEDIA HET INGEMENG

Hango sê hy het emosionele skade gedurende sy verhoor gely aangesien hy tot dusver N$1,2 miljoen aan regskoste en ander bykomende uitgawes bestee het ondanks die feit dat hy glo verkeerdelik skuldig bevind is.

Hango het Woensdag tydens strafversagtingsverrigtinge in ’n skriftelike verklaring, wat sy prokureur namens hom voorgelees het, aan die hof gesê hy is nie ’n regverdige verhoor gegun nie.

Hy het gesê die media se inmengery in die saak het hom van die reg op ’n regverdige verhoor ontneem en bygevoeg die media het duidelik ’n negatiewe prentjie van hom geskets terwyl die verhoor aan die gang was.

“Ek is in die media uitgebeeld as ’n sakeman wat probeer het om die geregtigheid vry te spring, nie deur wettige middele nie, maar deur middel van korrupte transaksies,” het Hango gesê.

Hy het ook “onbehoorlike druk” wat die publiek en die media glo op die beampte in beheer van sy saak uitgeoefen het, as bewys van ’n onregverdige verhoor uitgewys.

ONSKULDIG

Die sakeman het gesê nog ’n rede waarom hy nie ’n regverdige verhoor gehad het nie, is die feit dat sy destydse regsverteenwoordiger versuim het om die klaagster voldoende te kruisondervra, wat volgens hom die uitkoms van die saak beïnvloed het.

“Die hoërhof het ook vasgelê dat my destydse regsverteenwoordiger versuim het om die nodige aansoeke in te dien, soos bepaal deur artikel 227 van die Strafproseswet, voordat hy met ’n spesifieke lyn van ondervraging in verband met die seksuele verhouding begin het.

“Dit het die uitkoms van die verrigtinge beïnvloed deurdat belangrike getuienis rakende die vorige seksuele verhoudings wat ek met die klaagster gedeel het, nou geïgnoreer is,” het hy gesê.

BEROU

Hango het vir ’n ligte of opgeskorte vonnis gevra omdat hy die slagoffer reeds om verskoning gevra het, hoewel hy steeds van sy onskuld oortuig is.

“Soos aangedui, is die klaer my niggie en ons moes nooit in ’n seksuele verhouding gewees het nie. Dis hoekom ek haar wel om verskoning gevra het – soos op haar versoek – via SMS-boodskappe, wat reeds op rekord is.

“Ek het al by verskeie geleent­hede probeer om hierdie verskoning deur derde partye oor te dra, wat natuurlik verwerp is omdat sy volgens familielede nie bereikbaar was nie,” het hy aan die hof gesê.

Hango het gesê as ’n getroude man met drie kinders is hy die enigste broodwinner en sy gesin is van hom afhanklik.

KROKODILTRANE

Staatsaanklaer Nelao Ya France het gesê Hango het sy eie graf gegrawe en kan nie nou aantygings van vuilspel maak nie.

Sy het ook gesê Hango het die wêreld in sy handpalm gehad, maar het hom aan “lus” oorgegee.

Die staatsaanklaer het ’n direkte vonnis van 20 jaar voorgestel, en geen opskorting nie.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!