GONE: Former Grootfontein CEO, Kisco Sinvula
GONE: Former Grootfontein CEO, Kisco Sinvula

Sinvula en Grootfontein se paaie skei

Tanja Bause
Kenya Kambowe - Kisco Sinvula is nie meer die uitvoerende hoof van die Grootfontein-munisipaliteit nie. Dit nadat die plaaslike owerheid ’n skikkingsfooi van N$2,97 miljoen aan hom betaal het.

Dit is bevestig deur Talitha Garises, die burgemeester van Grootfontein, wat gister aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê het Sinvula het sy uittreepakket van die plaaslike owerheid ontvang.

“Hy is nie meer met ons nie. Ek verstaan hy het sy geld so twee weke gelede ontvang,” het sy gesê.

“Ek het die skikkingsooreenkoms onderteken en hy het ook, waarna die lynministerie ook die ooreenkoms goedgekeur het en ons toegelaat het om die uitbetaling aan hom te maak. Ons het hom elke laaste sent betaal wat hom toekom.”

Sinvula was ’n omstrede figuur by die munisipaliteit, waar hy gereeld met werknemers en raadslede koppe gestamp het.

Na die gewese uitvoerende hoof se laaste geveg moes ’n werknemer mediese behandeling ontvang nadat ’n vuishou hom met ’n gekneusde mond gelaat het.

VERHOUDING VERSUUR

Volgens Garises het die raad besluit om Indileni Lungameni tot Desember as die waarnemende uitvoerende hoof aan te stel.

Intussen sal hulle binnekort met die proses begin om ’n substantiewe rekenpligtige beampte vir die plaaslike owerheid te vind, het sy gesê.

Die raad het Sinvula se kontrak op 24 Mei beëindig nadat die verhouding tussen die twee partye versuur het.

Van die raad se 70 personeellede het 50 in ’n onlangse petisie ten gunste van Sinvula se ontheffing as uitvoerende hoof gestem.

Twee maande gelede het die voormalige uitvoerende hoof na sy pos teruggekeer nadat hy ’n skorsing van 14 maande uitgedien het.

Hy het sy pligte hervat nadat die hoërhof beslis het dat sy skorsing onwettig was.

Ten spyte van die uitspraak het die raad besluit om Sinvula se kontrak met onmiddellike effek te beëindig, aangesien die verhouding tussen die partye toksies geword het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!