Skryfklub verbly graad 1’s se harte

Zoe Karsten
Zoë Karsten en Iréne-Mari van der Walt – Die graad 1-leerlinge van Curro Windhoek Gymnasium het onlangs unieke nuwe leesstof gekry toe die skool se Wordsmiths-skryfklub se kinderverhale met die hulp van die skool se kunsklub lewe gekry het.

Drie leerlinge, Rosah-René van Rhyn in graad 9, Milano Gogol in graad 10 en Tyrone van Rooyen in graad 11, het kinderverhale in Engels, Afrikaans en Duits geskryf.

Milano Gogol het onder meer probeer om die jong leerlinge van die belangrikheid van selfvertroue te leer deur sy verhaal “Das Küken, dass nicht fliegen wollte” (Die kuiken wat nie wou vlieg nie).

“Die skryfproses was veral pret aangesien ons kragte saamgesnoer het met ons bekwame kunstenaars van die kunsklub. Saam het ons beplan, ontleed en die geleentheid gehad om mekaar beter te leer ken.

“Dit was ’n fantastiese ervaring,” sê Milano wat ook die redakteur van die skool se My Zone-koerant, die Imago, is.

Hy sê die proses is makliker gemaak deur die ondersteuning van die skool se onderwysers.

“Daar was geen stres nie. Ons het geweldige ondersteuning van ons onderwysers ontvang en die geleentheid gehad om stories heeltemal op ons eie te skep,” sê Milano.

Karin Byleveld en Elizabeth Potgieter, beide onderwysers by die skool, het hand bygesit om die stories te redigeer terwyl Tanja Karsten saam met haar kunsleerlinge die taak aangepak het om die boekies te illustreer.

Potgieter verduidelik die doel met die skryfklub se boekies was om die hoërskool en die laerskool bymekaar te bring en sy sê dié projek sal beslis voortgaan.

“Die skryfklub gaan die projek voortsit en uitbrei. Ons het ses nuwe Afrikaanse sprokiesverhale geskryf, met die kunsklub wat na verwagting die verhale volgende jaar sal illustreer.

“Ons beoog ook om Engelse en Duitse sprokiesverhale by te voeg en dit vir graad 1-leerlinge saam te voeg,” sê sy.

’n Lid van die kunsklub, Precious Shipena, sê die graad 1’s kan ’n ekstra karakter in Tyrone se boek, The meerkat and the caracal, ontmoet.

“Ek het ’n geheime derde karakter bygevoeg: ’n klein turkoois akkedis wat oor elke toneel waarneem,” sê sy.

Alhoewel sy oorspronklik bekommerd was dat haar werk nie op standaard sou wees nie, vertel sy dat haar harde werk tog die moeite werd was.

“Aangesien ek besluit het om die boek alleen te illustreer, het dit my sowat drie tot vier weke geneem om elke paneel volgens die skrywer se versoeke te beplan, die lynkuns te teken en al die bladsye in te kleur.

“Ek het ook ’n week geneem vir redigering, om die tekskassies by te voeg en laastens om die kleur te koördineer om by die teks te pas. Dit was ’n lang proses, maar elke sekonde wat ek in hierdie projek gesit het, was die moeite werd,” sê Precious.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 28° Rundu: 19° | 27° Eenhana: 21° | 27° Oshakati: 24° | 28° Ruacana: 19° | 32° Tsumeb: 19° | 28° Otjiwarongo: 19° | 28° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 20° | 30° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 17° | 19° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 17° | 20° Rehoboth: 21° | 31° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 19° | 34° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 26° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 19° | 22° Maseru: 16° | 25° Antananarivo: 14° | 29° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 23° | 30° Windhoek: 20° | 30° Cape Town: 17° | 23° Durban: 22° | 26° Johannesburg: 17° | 20° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 21° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!