Over 2000 pensioners registered for municipal debt relief.edited
Over 2000 pensioners registered for municipal debt relief.edited

Skuldverligting: 2 209 registreer tot dusver

Elizabeth Kheibes
Stad Windhoek (CoW) het aangekondig dat 2 209 pensioenarisse tot dusver geregistreer het vir sy skuldverligtingsprogram wat daarop gemik is om ondersteuning aan senior burgers te bied.

Registrasies het vroeg in Februarie begin en sal op Maandag 15 April tot ’n einde loop. Die munisipaliteit het wel gesê hy oorweeg dit om die sperdatum uit te stel.

“Ons oorweeg ’n verlenging van die registrasieproses, maar ’n datum sal op ’n latere stadium gekommunikeer word.

“Ons beplan om die aantal registrasiepunte te verminder en net die een by Katutura vanaf 15 April te hou,” het die CoW se woordvoerder, Lydia Amutenya, gesê.

Die skuldverligtingsprogram stel pensioenarisse in staat om 100% van hul munisipale skuld tot einde November 2023 af te skryf, terwyl 50% van ander inwoners en sake-eienaars se skuld afgeskryf sal word. Dié ongelykheid het egter ontevrede veroorsaak.

Shaun Gariseb van die Katutura-inwonerskomitee het gesê hulle beplan om teen dié besluit te betoog en sal vandag ’n mediakonferensie hou om die inwoners van Katutura se bekommernisse te takel.

Hulle eis die bywoning van onder meer die ouditeur-generaal, Junias Kandjeke, die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) en die ombudsman, Basilius Dyakugha.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!