Me. Ciske Smith-Howard, voorsitter van die Erongo-streeksraad, mag haar pligte hervat ná sy vir vier maande uitgestoot is. Foto Erwin Leuschner
Me. Ciske Smith-Howard, voorsitter van die Erongo-streeksraad, mag haar pligte hervat ná sy vir vier maande uitgestoot is. Foto Erwin Leuschner

Smith-Howard terug op haar pos

PG sê hoofstreeksbeampte en IPC het onwettig opgetree
Danksy ministeriële ingryping kan die IPC-politikus ná 'n afwesigheid van vier maande terugkeer werk toe.
Erwin Leuschner
“Ek is natuurlik baie opgewonde,” het me. Ciske Smith-Howard Dinsdag gesê.

Die voorsitter van die Erongo-streekraad kan haar pligte hervat nadat sy vir vier maande uit die kantoor geskors is.

“Gedurende hierdie tydperk is baie werk natuurlik nie gedoen nie, maar ek sal doelgerig en hard werk om alles in te haal,” het sy bygevoeg.

Die nuus dat die streekpolitikus toegelaat is om haar pligte te hervat, het Dinsdag soos ‘n veldbrand versprei.

Smith-Howard is oorspronklik op 21 Oktober 2021 deur haar party, die Independent Patriots for Change (IPC), in haar amp “beperk”. Die hoofrede wat destyds aangevoer is, was dat sy nie meer woonagtig was binne die kiesafdeling waarvoor sy verkies is nie.

Om hierdie rede het die hoofsekretaris van die IPC die hoofstreekbeampte, me. Habate Doeses, destyds in kennis gestel dat die IPC besig was om Smith-Howard se woonplek te ondersoek. Die streekraad is ook meegedeel dat “hul partylid [Smith-Howard] beperk word as deelnemer en verteenwoordiger van die IPC by die raad”.

Na aanleiding van die IPC se brief het die streekraad alle bestuurders in ‘n interne memorandum hieroor ingelig.

Smith-Howard het egter ’n prokureur aangestel en geëis dat die raad die interne memorandum met onmiddellike effek terugtrek op grond daarvan dat die hoofstreekbeampte “haar magte oorskry het” en Smith-Howard verbied het om haar amptelike pligte uit te voer.

In die lig van hierdie regsdokument wat ontvang is, het die streekraad die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling om ‘n regsmening genader. Dié mening, wat deur prokureur-generaal (PG) Festus Mbandeka gegee is, is Dinsdag bekend gemaak.

BUITE DIE WET

In sy verklaring van agt bladsye het Mbandeka tot die gevolgtrekking gekom dat Doeses en die IPC “buite die wet” opgetree het.

Hy het dit ook “voortydig” genoem dat die party hul lid se magte “beperk” het weens die kwessie rakende haar woonplek.

“Daar moet eers vasgestel word dat hierdie lid werklik nie in die toepaslike kiesafdeling woon nie, wat tans ondersoek word, en dan moet die beginsels van natuurlike geregtigheid toegepas word (. . .),” het Mbandeka geskryf.

Die PG het die IPC ook “aangeraai” om ondersoeke rondom Smith-Howard se woonplek af te handel, veral wanneer die “moontlike, maar niebevestigde (niefeitelike) kwessie dat Smith-Howard nie woonagtig is in die kiesafdeling waarvoor sy as verteenwoordiger verkies is nie, in hierdie stadium aangeroer word”.

Afgesien van dié dispuut, het die IPC vir Smith-Howard – wat ‘n wegholoorwinning tydens die 2020-streekraadsverkiesing behaal het – van nege interne oortredings beskuldig. Hierdie saak dien tans voor die hoërhof. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!