Soektog na vermiste Switser (83) duur voort

Francoise Steynberg
Hy het gesê Nampol se helikopter, lede, spesiale veldmagte en opgeleide snuffelhonde is ingespan, asook girokopters, hommeltuie en ’n soekgeselskap van meer as 50 mense.



“Ek was self op die toneel met baie polisie­beamptes wat deel is van die soekgroep, maar die man het spoorloos verdwyn,” het Mwatongwe gister aan Network Media Hub (NMH) gesê.



Ottiger het Sondag by die Desert Hills Lodge se luukse tentekamp, wat sowat 30 km vanaf Sesriem geleë is, gaan stap en nooit teruggekeer nie.



Hy is omstreeks 18:00 laas gesien en het wit klere ­aangehad. Hy is 1,73 m lank en het grys hare en ’n snor.



Ottiger, ’n wewenaar van Luzern, het saam met ’n toergroep in Namibië gereis en word as fiks beskryf en iemand wat gereeld aan buitemuurse aktiwiteite deelneem.



Polisiebeamptes van Maltahöhe, Mariental en Windhoek en soekspanne is steeds op die toneel en soek onverpoosd na die vermiste man.



Mwatongwe is veral bekommerd omdat Ottiger al vir soveel dae sonder water is.



Enigiemand met inligting word versoek om Mwatongwe dringend by 081 246 1121 te kontak.



[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-03-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer