Oumas Leonora Hoyle, Miriam Indongo en Felicity Mathau spog met hul nuwe kniekomberse. Foto Tanja Bause
Oumas Leonora Hoyle, Miriam Indongo en Felicity Mathau spog met hul nuwe kniekomberse. Foto Tanja Bause

Sonneblomme verdryf die koue

Tanja Bause
Tanja Bause

Danksy die Sonneblom-breiklub van die Senior Park-aftreeoord in Windhoek spog bejaardes in die Katutura-ouetehuis met 25 kniekomberse om die ergste koue te verdryf.

Die breiklub is in Februarie deur die inwoners Rina Majiedt en Marylyn van Zyl begin met die doel om komberse vir bejaardes te brei.

Haweloses in die hoofstad word ook vandeesweek met 80 mussies bederf.

“Dit is die klein goedjies wat jy elke dag doen wat ’n groot verskil in iemand se lewe kan maak. Ons hekel en brei almal en die komberse, mussies, slaapsokkies en serpe maak ’n groot verskil in die oumensies of haweloses se lewens en vir ons is dit ’n lekker gesellige bymekaarkom,” het Van Zyl gesê. Die lede is dit almal eens die klub is ’n goeie teenvoeter vir eensaamheid, laat hulle deel van iets voel en is ’n gesellige bymekaarkom van vriende.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!