Altesaam 25 kunstenaars het besoekers tot laatnag op die dansvloer gehou. Foto Annika Oppermann
Altesaam 25 kunstenaars het besoekers tot laatnag op die dansvloer gehou. Foto Annika Oppermann

Sowat 4 000 mense stroom na Wildsfees

Tanja Bause
Tanja Bause

Ná die Covid-19-pandemie die gewilde Windhoek Draught Outjo Wildsfees vir twee jaar in die wiele gery het, het duisende mense van heinde en verre die afgelope naweek na dié geleentheid op Sophienhof Lodge sowat tien kilo­meter buite die dorp op die Khorixas-pad gestroom.

Dit was die 18de keer dat die fees op Outjo aangebied is.

Die sowat 120 uitstallers het gesorg dat daar iets vir almal was. Altesaam 25 plaaslike en Suid-Afrikaanse kunstenaars, onder wie Vaughn Ahrens, Bok van Blerk, Jay & Lianie en Kurt Darren, het besoekers tot laatnag vermaak en op die dansvloer gehou.

Volgens me. Lizel Scholtz is 4 000 mense van Donderdag tot Saterdag deur die hekke.

“Dit was ’n ontsagwekkende fees en ’n groot sukses. Almal is lekker moeg, maar baie tevrede,” het sy gesê.

Die opbrengs van die fees is ten bate van Privaatskool Moria. Talle ouers was aktief betrokke en het vir ’n goeie luim agter die kroeg gesorg, terwyl hulle die dorstige gaste bedien het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!