Spesiale sitting vir Zambezi se korrupsieskandaal
Voorsitter sleep glo sy voete
Volgens 'n betroubare bron is die gevoel onder raadslede dat diegene wat by die skandaal betrek word, geskors moet word.
Kenya Kambowe – Die Zambezi-streekraad sou gister ’n geslote vergadering hou om die onlangse inhegtenisneming van ses senior raadsamptenare, insluitend die streekhoofbeampte, Regina Ndopu-Lubinda, te bespreek.
Só is bevestig deur een van die raadslede, wat op voorwaarde van anonimiteit gepraat het, wat gesê het hulle het ’n uitnodiging vir die vergadering ontvang.
Dit sal die raad se eerste sitting wees ná die arrestasies vroeg vandeesmaand, waarin Ndopu-Lubinda; die hoof van beplanning en landelike ontwikkeling, Beaven Walubita; die adjunkdirekteur van beplanning, Cletius Mubita; die hoofbeplanner, Daniel Mbala; die adjunkdirekteur vir administrasie, Abraham Shikoyeni en die hoofrekenmeester, Nimrod Lichela, vir beweerde korrupsie aangekeer is.
Die arrestasies is uitgevoer nadat die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) die saak ondersoek het.
SLOER
Volgens die bron volg die vergadering op talle versoeke van raadslede wat voel die voorsitter van die bestuurskomitee, Matengu Simushi, sleep sy voete om die saak te bespreek sedert die arrestasies openbaar gemaak is.
Simushi swyg tot dusver oor die saak en het geweier om SMS’e en telefoonoproepe van ons susterkoerant Namibian Sun te beantwoord sedert die nuus gebreek het.
Hy het homself glo in ’n moeilike posisie bevind, aangesien hy ’n lid van Swapo is en die meerderheid van diegene wat by die skandaal betrokke is, ook aan die party behoort.
Agt raadslede dien op die raad, waarvan vier Swapo verteenwoordig en een die Independent Patriots for Change (IPC), terwyl die ander drie onafhanklike kandidate is.
‘SKORS HULLE’
Volgens ’n betroubare bron is die gevoel onder raadslede dat diegene wat by die skandaal betrek word, geskors moet word.
Slegs sewe raadslede sou na verwagting by die vergadering teenwoordig wees – aangesien die Kongola-kiesafdelingsraadslid Bennet Busihu, ’n onafhanklike kandidaat, op 1 Oktober in ’n motorongeluk betrokke was waarin sy vrou dood is.
“Raadslid Busihu is nie geskik om die vergadering by te woon nie, wat beteken daar sal sewe raadslede by die vergadering wees, waarvan vier van die Swapo-party sal wees,” het die bron gesê.
“Die gevoel is dat die betrokke amptenare geskors moet word totdat hul saak tot ’n einde kom, maar dit sal afhang van die uitkomste van die vergadering.
“Die voorsitter sal die beslissende stem hê en aangesien hy van Swapo is, is dit onwaarskynlik dat hy sal toelaat dat sy kamerade geskors word. Maar ons hoop die Swapo-raadslede sal hul gewete gebruik en die regte keuse maak.”
Aangesien dit ’n menslikehulpbron-kwessie is, is die vergadering nie oop vir die publiek nie.
ADMINISTRATIEWE KLIEK
Namibian Sun het onlangs berig dat Ndopu-Lubinda ’n betaling van N$4,7 miljoen aan Denchi Consulting Engineers uit die raad se koffers goedgekeur het nadat die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling geweier het om dit te magtig.
Die ander vyf verdagtes is glo deel van ’n administratiewe kliek wat betrokke is by ’n komplot om die streekraad te bedrieg, volgens polisieondersoekers.
Ondersoeke sal ook kyk na betalings wat na bewering deur amptenare ontvang is om ’n transaksie vir Denchi te fasiliteer.
Polisiebronne het gesê dat Ndopu-Lubinda vir Denchi gekies het sonder om prosedures te volg soos uiteengesit in die wet op openbare verkryging.
Al ses amptenare het ná hul inhegtenisneming in die Katima Mulilo-landdroshof verskyn en is almal borgtog van N$50 000 elk toegestaan.
Die saak is tot 7 Desember uitgestel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie