Staat hou hom doof vir Okahandja se kwale
Inwoners is omgekrap
Gemeenskapsgroepe werk al hoe meer saam om oplossings te probeer vind.
Okahandja se inwoners is siek en sat vir die gebrek aan ontwikkeling in die dorp en die bestuur se onbevoegdheid.
Organisasies wat inwoners van informele nedersettings verteenwoordig, het besluit om met ander plaaslike burgerlike organisasies kragte saam te span en daarop aan te dring dat die munisipaliteit homself regruk.
Petrus Kampaku van die Okahandja Residents Damage Control-komitee sê hulle het reeds in April ’n lys van moontlike oorsake en oplossings vir Okahandja se legio probleme saamgestel en aan die dorpsraad, die burgemeester, die uitvoerende hoof, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling en selfs na president Hage Geingob gestuur.
Geen terugvoer is tot dusver van enige van hierdie owerhede ontvang nie, sê hy.
In die ontleding word spesifiek gekyk na hoeveel die inwoners bydra tot die toestand van die dorp se bestuur. Daar is onder meer gekyk na die ongesonde verhouding en ondoeltreffende kommunikasie tussen die dorpsraad en inwoners. Kommunikasie skiet ook tekort, volgens Kampaku.
Verder word gekla dat grond steeds onder markwaarde aan sekere individue verkoop word, ten spyte van die voortdurende moratorium op grondverkope.
Sekere ondernemings myn sand gratis op die dorp en verkoop dit teen ’n wins, terwyl die dorpsraad nie daarby baat nie. Die verbruik van water word net geskat en verliese weens lekkasies word geïgnoreer, terwyl verouderde waterinfrastruktuur nie aandag geniet nie, sê die inwoners.
Voorts verkoop die munisipaliteit voorafbetaalde watermeters teen N$2 500 elk, wat inwoners nie kan bekostig nie en dit kniehalter die vestiging van dié stelsel, sê hulle.
Verder voel die inwoners die munisipale rekeningstelsel is onbetroubaar en het hulle dus besluit om glad nie vir dienste te betaal nie.
Die voertuie vir vullisverwydering is stukkend en word nie herstel nie; inteendeel huur die munisipaliteit op die oomblik voertuie van buite die dorp om die diens te verrig, kla die inwoners.
Paaie en munisipale geboue word nie in stand gehou nie en die munisipaliteit verwerp enige ingrypings van inwoners vir werkskepping.
“Mense kan maklik baklei. Hulle is kwaad,” waarsku Kampaku.
“As die leiers van probleme hoor en niks daaraan doen nie, is dit daar waar burgeroorlog kan kom. Hulle moet na die mense luister en nie net wegbly nie. Ons het die oplossings, maar op Okahandja is hulle net besig met stelery,” sê die gemeenskapsleier.
“Okahandja se mense moet saamstaan om die munisipaliteit reg te ruk,” sê hy en dat die dorp se bestuur van binne verrot is.
Sethy Gariseb van die Okahandja Concerned Group stem saam en voeg by dat inwoners se insette nooit oor dorpsraad-besluite gevra word nie. Veral met die aanstelling van Red Force om skuld in te vorder, en hul praktyk om watertoevoer af te sny, is volgens hom ’n bekommernis.
Baie ouer inwoners ly daaronder, terwyl skuld oor jare toeneem, veral in die tyd toe die munisipaliteit nie gefunksioneer het nie, voeg Kampaku by.
Vrae in verband met die inwoners se ontleding is na burgemeester Kaunapawa Fillemon gestuur, wat dit na die uitvoerende hoof, Alphons Tjitombo, verwys het.
Tjitombo het verwys na toepaslike wetgewing wat daarop dui dat hy nie verantwoordbaar aan individue of gemeenskapsgroepe is nie.
Geen verdere terugvoering is aan die koerant verskaf nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie