Staatspresident waarsku ‘vyande wat vrede versteur’
Vier 34 jaar van onafhanklikheid
President Nangolo Mbumba het 'n beroep op Namibiërs gedoen om nie diegene te volg wat ten doel het om die nasie te verdeel nie.
Nikanor Nangolo op Katima Mulilo – President Nangolo Mbumba het Donderdag in sy toespraak op Onafhanklikheidsdag die land se veiligheidsgroepering versoek om hul pogings te verdubbel om te verseker dat Namibië veilig bly.
Dit terwyl ongespesifiseerde individue wat na bewering beplan om die land se vrede te versteur, as “vyande” van Namibië bestempel word.
Mbumba het in Katima Mulilo gepraat en het nie diegene uitgewys wie hy daarvan beskuldig het dat hulle die vrede versteur nie.
Dit het ruimte vir spekulasie gelaat dat hy na jong, werklose graduandi verwys wat Donderdag in Windhoek opgeruk het. Die betogers het beklemtoon dat onafhanklikheid nie vir hulle gemoedsrus of voorspoed gebring het nie.
Verlede jaar is aktiviste Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma, sowel as ’n opposisiewetgewer, in hegtenis geneem en toegesluit ná hulle betrokkenheid by ’n soortgelyke optog op Onafhanklikheidsdag.
‘PAD VAN VERDEELDHEID’
Mbumba het ’n beroep op Namibiërs gedoen om nie diegene te volg wat ten doel het om die nasie te verdeel nie.
“Ons beklemtoon vrede, eenheid en harmonie. Diegene wat beplan om vrede, eenheid en ekonomiese ontwikkeling in Namibië te versteur, is vyande van al ons mense,” het hy gewaarsku.
“Ware burgers van Namibië moet nie hierdie individue of groepe ondersteun of volg wat die pad van verdeeldheid in plaas van die pad van eenheid gekies het nie. Ek doen ’n beroep op ons veiligheidsgroepering om hul pogings te verdubbel om te verseker dat Namibië veilig bly teen eksterne en interne kriminele bedreigings, nie net vir sy burgers nie, maar ook vir ons besoekers en toeriste uit die buiteland,” het die president gesê.
Hy het Namibiërs ook gemaan om nie die toekoms van hul kinders te vernietig met stam- en streekgebondendheid, rassisme, korrupsie en misdaad nie, en hulle aangemoedig om saam te werk om ekonomiese vryheid te verseker.
Mbumba het ook opgemerk dat vanjaar se vieringe bittersoet is, aangesien die land pas die routydperk vir president Hage Geingob, wat verlede maand dood is, afgesluit het.
VOORSPOED WINK
Op die ekonomiese front het die president gesê Namibiërs kan uitsien na ’n blink toekoms.
“Reuse- olie- en gasontdekkings is in ons see gemaak, groenwaterstofbeleggings is op die punt om te realiseer en ons jongste begroting van N$100 miljard sal meer werk skep en ons burgers broodnodige besteebare inkomste gee,” het hy gesê.
“Gevolglik moet ons almal, insluitend die private sektor, klein- en mediumgrootte ondernemings en burgers, hande met die regering vat en saamwerk om die ekonomiese herlewing van Namibië aan te wakker vir meer werksgeleenthede en ontwikkeling."
Hy het verskeie ontwikkelingsprojekte uitgelig wat in die gasheerstreek, Zambezi, aangepak is. Dit sluit in N$8 miljoen wat bewillig is om die Kalimbeza-rysprojek te laat herleef en om ’n suikerplantasie en suikerverwerkingsaanleg in Katima Mulilo te vestig, waar vanjaar se vieringe plaasgevind het.
‘NIE GENOEG NIE’
Afgesien van sommige mense wat Donderdag by die Onafhanklikheidsdagvieringe in Katima Mulilo met eet- en drinkgoed getrakteer is, het talle glo gekla dat hulle teleurgesteld gelaat is weens ’n tekort aan kos.
’n Inwoner, Simon Mutabelezi (22), het die gebeurtenis as ’n “ramp” beskryf.
“Hulle het ons vir ure in die son laat staan, alles verniet. Ons het nie kos gekry nie en dit is baie teleurstellend,“ het hy gesê.
TERUGBLIK
In herinnering aan Namibië se pad na onafhanklikwording het die president gesê: “Dit was hier waar baie van ons burgers te voet en met kano’s ontsnap het, hetsy na Zambië of Botswana, oor die Zambezirivier en sy sytakke.
“Toe die Suid-Afrikaanse apartheidsregime die strategiese waarde van die Zambezistreek vir Namibië se vryheidstryd besef het, het hulle die gebied gemilitariseer, ’n dekade lange aandklokreël afgekondig en baie burgers het hier doodgegaan, is gevange geneem en gemartel.”
Hy het bygevoeg: “Dit was hier in die Zambezistreek dat Swapo se Suidwes-Afrika Bevrydingsleër (SWALA), die voorlopers van PLAN, in die laat sestigerjare met politieke mobilisering vanaf Singalamwe, Masida, Makanga, Kikiya en Sibbinda begin het. Die eerste bevelvoerder van SWALA, kameraad Tobias Hainyeko, is tydens gevegte in die Zambezistreek dood.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie