Stadsvaders betaal nie prokureurs

5G-korrupsie se dissiplinêre proses staan stil
Regslui wie se fooie nie deur die Windhoek-munisipaliteit betaal is nie, het hul dienste opgeskort.
Mathias Haufiku
Mathias Haufiku – Regslui wat gekontrakteer is om dissiplinêre verhore van personeel van Stad Windhoek te behartig, het hul rug op die munisipaliteit gedraai omdat hul rekeninge nie vereffen is nie. Die prosedures is vir personeel wat aangekla is van verskeie oortredings wat wissel van bedrog, oneerlikheid en wangedrag.

Inligting oor die breuk tussen die munisipaliteit en sy prokureurs kom enkele dae nadat die munisipaliteit bekend gemaak het sy reuse-skuldlas het oor die afgelope tien jaar tot meer as N$3 miljard opgeloop.

Terwyl die munisipaliteit in skuld verdrink, is ’n oortrokke reëling by ’n plaaslike bank van N$200 miljoen sy enigste finansiële reddingsboei.

Die regspan wat hulle van die proses onttrek het voordat dit afgehandel is, is adv. Eliaser Nekwaya sowel as die Köpplinger Boltman-regsfirma wat in arbeidskwessies spesialiseer.

Nekwaya was die voorsitter van die dissiplinêre komitee, terwyl Köpplinger Boltman die inisieerder was. Een van die sake waarmee hulle voor hul voortydige onttrekking mee besig was, is die dissiplinêre stappe teen mnr. Fillemon Neputa, die munisipaliteit se bestuurder vir digitalisering en innovering.

Neputu wat beweer hy word geviktimiseer en aan onregverdige regspraktyke onderwerp, is aangekla van twee klagte van growwe nalatigheid en twee klagte van oneerlikheid in die omstrede 5G-omkopery en veselmonetiseringprojek verlede jaar.

’n Engelse dagblad het toe berig die munisipaliteit se interne ouditeurs het voorgestel vyf senior beamptes moet dissiplinêr verhoor word oor betalings wat verbind word met ’n omstrede ooreenkoms waarby die Chinese telekommunikasiereus Huawei betrek word. Hiervolgens sou ’n internetnetwerk in die hoofstad geïnstalleer word wat 5G-verbindings moontlik maak.

Die beamptes is Neputa, die gewese waarnemende strategiese uitvoerende hoof vir inligting en kommunikasie, me. Lizette Vries, strategiese uitvoerende hoof vir prestasiebestuur, mnr. Ben Ngairorue, hoof van regsake, mnr. Kenneth Neumbo, bestuurder van inligting en kommunikasietegnologie en mnr. Samuel Mutonga, waarnemende strategiese uitvoerende beampte vir finansies en kliëntesorg.

Byna twee jaar later sloer die saak steeds, iets wat Neputa nie geval nie omdat sy regskoste reeds sowat N$600 000 beloop.

“Betreffende die klagte het ek die onus op die maatskappy geplaas om die beweringe teen my te bewys en waarvoor ons uitgerekte verhore met vreemde voorvalle gehad waartydens sommige mense uit die gesamentlike verhore verwyder is.

Ander voorvalle sluit in die viktimisering van lede van die dissiplinêre komitee,” het hy in ’n memo verlede week aan die munisipaliteit se leierskap gesê.

“Ons het, ten spyte van die voorvalle wat tydens die dissiplinêre proses plaasgevind het, ’n punt bereik waar al die partye hul getuienis gelewer het, met net die regsargumente en die uitspraak wat op 29 Julie gelewer moes word. Dit gaan egter weens ongewone en ontstellende voorvalle wat gevolg het, nie meer plaasvind nie.”

Die inisieerder (Köpplinger Boltman) van die dissiplinêre stappe het aan die begin van Julie 2022 van die saak onttrek. Op 22 Julie het die voorsitter (Nekwaya) die verhore weens die niebetaling van dienste wat gelewer is, tot verdere kennisgewing uitgestel,” het hy gesê.

Nuwe ontwikkelings dui op ’n magstryd binne die munisipale gange, met sommige uitvoerende hoofde en raadslede wat beweer die regspraktisyns is onwettig gekontrakteur.

Aan Republikein se susterskoerant, Namibian Sun, is gesê daar is ’n moontlikheid dat die proses weer kan hervat.

Neputa het bygevoeg daar is kommunikasie wat die wettigheid van die aanstellings van voorsitters en regslui wat die raad in dissiplinêre verhore verteenwoordig, bevraagteken.

“Ek is verder bewus ’n regsopinie word oor dieselfde kwessie ingewin. Ek is verstom oor die feit dat 19 maande ná die aanstelling van die dissiplinêre komitees en inisieerders, die wetlikheid van die aanstellings eers nou bevraagteken word,” het hy gesê.

Neputa is nie die enigste een wat ontsteld is oor die interne struwelinge in die munisipaliteit nie, veral wat die vertraagde dissiplinêre prosesse betref.

Mnr. George Mayumbelo, die uitvoerende hoof vir menslike hulpbronne en korporatiewe dienste, is ook teleurgesteld oor die wyse hoe dinge verloop.

“Daar is geen dissiplinêre ondersoeke ondanks van die opheffing van die moratorium aan die gang nie. Daar is geen ware en geloofwaardige redes hoekom dit die geval is nie,” het hy in reaksie op Neputa se memorandum gesê.

“Daar is werknemers wat aangekla is, wat die vertragings vier en geen geheim daarvan maak nie,” het hy gesê.

Volgens Mayumbelo is die dissiplinêre ondersoekkomitees gefrustreerd en so ook die meeste werknemers teen wie klagts ondersoek word en wat vol vertroue is oor hul weergawes.

“Die werk van my departement word onnodig moeilik gemaak. Slegs die raad kan ingryp in die doelbewuste vertragings wat veroorsaak word. Ek het reeds meer as genoeg gedoen.” – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!