The residents of Walvis Bay were the instigators in unearthing this can of worms. Photo Leandrea Mouers
The residents of Walvis Bay were the instigators in unearthing this can of worms. Photo Leandrea Mouers

Strafregtelike klagte teen RedForce op hande

Kontraktuele, etiese kwessies
Die ondersoek na RedForce as skuldinvorderaar by die Walvisbaaise munisipaliteit sluit moontlike dissiplinêre en strafregtelike aanklagte teen die geskorste finansiële bestuurder en inkomste- en kredietbeheerbestuurder in.
Leandrea Mouers
Verskeie teenstrydighede is aan die lig gebring in ’n tussentydse verslag deur die regsverteenwoordiger van die Walvisbaai-munisipaliteit oor die aanstelling van RedForce Debt Management as eksklusiewe skuldinvorderaar vir dié entiteit.

Dit sluit moontlike dissiplinêre en strafregtelike aanklagte teen die geskorste finansiële bestuurder, Frans !Gonteb, en die inkomste- en kredietbeheerbestuurder, Johanna Shidute, in.

Verder beklemtoon die verslag gebreke in die tenderproses, insluitend die oorskryding van finansiële drempels en botsing van belange.

Die munisipaliteit het eenparig op 23 April besluit om RedForce se dienste te beëindig, nadat die tender CS/ONS/RFP/MWB-47/2023 op 7 Julie 2023 aan die maatskappy toegeken is vir die invordering van skuld en ’n opsporingstelsel.

Volgens ’n verslag deur Richard Metcalfe van Metcalfe Beukes Attorneys was die tenderproses gebrekkig en moes dit na die Sentrale Verkrygingsraad (CPB) verwys geword het.

!Gonteb het ’n individuele verkrygingsplan opgestel en dit op 23 Februarie verlede jaar aan die verkrygingskomitee (PC) voorgelê. Die komitee het die plan dieselfde dag reeds onderskryf en die rekenpligtige beampte het dit op 14 Maart goedgekeur.

“Twee tenders is ontvang en op 21 April 2023 het die verkrygingsbestuurseenheid (CPU) die evaluering na die tender-evalueringskomitee (BEC) verwys. Die BEC het op 17 Mei vergader om die tenders te evalueer, maar was onseker oor die tegniese puntevereistes.”

!Gonteb is gevra om te verduidelik hoe die BEC moet voortgaan. ’n Aanbeveling om RedForce aan te stel is gemaak op die heffing van ’n invorderingsfooi van 10% vir die kliënt en 2% aan die raad,” lui Metcalfe se verslag.

Volgens hom is 12% van die N$302 miljoen se uitstaande skuld aan die munisipaliteit gelykstaande aan N$36 miljoen.

“Die tender moes na die CPB verwys gewees het, en moes eenvoudig nie deur die plaaslike owerheid hanteer word nie, aangesien dit die N$20 miljoen-drempel oorskry het.

Metcalfe sê die fout is vererger toe die saak op 12 Junie 2023 voor die verkrygingskomitee gedien het – wat onder meer uit !Gonteb en vier ander werknemers bestaan het.

!Gonteb was reeds in konflik van belange omdat hy raad aan die BEC verskaf het, terwyl hy ook die inisieerder, eienaar en outeur van die tender was.

Verder is die algehele finansiële implikasies van die toekenning, insluitend ander dienste, nie in sy aanbeveling of die bron van die finansiering daarvan weerspieël nie.

“Dit is teenstrydig met ander aanbevelings wat deur die PC gemaak word.”

Dit is ook volgens Metcalfe se verslag duidelik dat die tenderdokument wat die finansiële bestuurder opgestel het, spesifiek op RedForce gemik was. Dit is duidelik in die kriteria vir evaluering in die tegniese voorstelle en wat 70% tot die finale punt bygedra het.

Die kriteria het ’n regsafdeling ingesluit met ’n prokureur wat tot die hoërhof toegelaat is en sewe jaar se ondervinding buite ’n praktyk het; onlangse ondervinding met ten minste vyf soortgelyke projekte die afgelope vyf jaar, elk ter waarde van meer as N$100 miljoen; en ’n minimum van sewe verwysingsbriewe: twee van private entiteite, drie van dorpsrade of munisipaliteite, en twee van semistaatsinstellings.

“Die enigste logiese gevolgtrekking wat gemaak kan word, is dat RedForce reeds aangewys is as die entiteit aan wie die tender toegeken sou word. Die finansiële bestuurder het dié saak as sy projek besit en al die dokumentasie wat vir die doeleindes van ’n ondersoek verskaf is, bevestig die stelling,” sê Metcalfe.

’n Beswaar is op 29 Maart verlede jaar van ’n ander skuldinvorderaar ontvang wat van die hand gewys is in korrespondensie wat Johanna Shidute na bewering geskryf het, wat ook tans ondersoek word.

Binne nege maande het RedForce ’n rekening vir betalings van sowat N$17 miljoen aan die munisipaliteit gestuur.

RedForce het vier kwotasies by die finansiële bestuurder op 5 April 2023 ingedien – vir ’n maandelikse lisensiefooi per gebruiker van N$33 000 (N$455 400 per jaar, BTW ingesluit); maandelikse stelselondersteuning van N$33 000 (N$455 400 per jaar); stelselkonfigurasie en -opstelling (eenmalig) van N$120 750; en gebruikersopleiding per dag per gebruiker (minimum 5 dae) van N$37 950.

Die kwotasies is nooit aan die BEC of die PC openbaar gemaak nie.

Slegs ’n 12%-invorderingskommissie op rekeninge wat vir invordering oorhandig is, word in die notule genoem. Daarbenewens het Bylae B van die addendum tot die kontrak wat op 8 Augustus 2023 onderteken is, ’n fooi van N$250 000 ingesluit vir die ontwikkeling van ’n strategiese skuldinvorderingsplan en verwante beleide. Dié fooie is volgens Metcalfe ook nie bekend gemaak nie.

RedForce het op 1 September ’n faktuur ingedien vir die voorsiening en implementering asook onderhoud van die skuldinvorderingstelsel (Augustus 2023) vir N$70 840, bestaande uit N$2 200 elk vir 13 gebruikers, die maandelikse stelselondersteuning en BTW.

“RedForce het geen skuldinvordering/verhalingstelsel in daardie stadium verskaf en/of geïmplementeer nie. Daar was ook nie 13 gebruikers nie, die munisipaliteit het net tien. Tog het die finansbestuurder belastingfaktuur 1 goedgekeur,” lui Metcalfe se verslag.

Op 14 September het RedForce faktuur 2 vir die maand ingedien vir betaling en wel N$242 190, wat weer heffings vir 13 gebruikers, maandelikse stelselondersteuning, opleiding vir tien gebruikers, stelselkonfigurasie en -opstelling ingesluit het.

Die munisipaliteit het net tien gebruikers van die Swordfish-stelsel wat RedForce verskaf het en die opleiding wat twee en ’n half dae geduur het, was op ’n projektorskerm.

Op 20 September stuur RedForce faktuur 3 van oor die N$1 miljoen vir ’n nasporingstelsel vir kontakte en wat die koste vir die debiteurestelsel sowel as fisieke opsporings ingesluit het. Agterstallige rekeninge is eers op 22 September oorhandig. Kontakbesonderhede van debiteure wat RedForce glo “nagespoor” het, is nooit op die Sebata-stelsel van die munisipaliteit opdateer nie.

“Die Swordfish-stelsel is onversoenbaar met die huidige Sebata-stelsel, en beweerde opsporingsinligting moet nog verskaf word. Selfs as dit voorsien word, moet dit met die hand gedoen word soos die Sebata-stelsel vereis en wat onmoontlik is weens huidige personeeltekorte.”

’n Beduidende afwyking van die kredietbeheerbeleid wat in Oktober 2002 geïmplementeer en in Augustus 2007 hersien is, is ook geïdentifiseer.

Die beleid vereis dat agterstallige rekeninge ná 90 dae vir invordering oorhandig word. Ingevolge !Gonteb en Shidute se instruksies is rekeninge egter ná 60 dae en later 30 dae oorhandig. ’n Invorderingsfooi van 12% is toegepas op rekeninge wat aan RedForce oorhandig is.

“Faktuur 3 is op 20 September vir betaling gemagtig, twee dae voor die kontrak begin het. RedForce het op 22 September N$313 000 van die munisipaliteit ontvang sonder om N$1 in te vorder. ’n Verdere N$1 032 958 is op 13 Oktober betaal sonder dat ’n enkele dollar van enige skuld verskuldig aan die munisipaliteit vereffen is.”

Die verslag verwys ook na verskeie ongemagtigde fooie, insluitend vir SMS en e-posdienste wat gehef is sonder dat dit deel van die oorspronklike ooreenkoms was.

“Dit is onder RedForce se aandag gebring dat hoewel sy dienste voortduur, die wet hulle verbied om water te ontkoppel. Op 6 Junie 2024 het vier raadslede gesien hoe RedForce-personeel so ’n bevel ignoreer deur die water van ’n inwoner in Narraville te ontkoppel.

“Ten spyte van die addendum tot die diensvlakooreenkoms wat bepaal dat enige oortreding van relevante wetgewing tot die beëindiging van die ooreenkoms kan lei, gaan RedForce voort om die bepalings van die wetgewing en beleid te verontagsaam deur agterstallige kliënte se water te ontkoppel.

“Dié aangeleentheid sal by die Namibiese polisie aangemeld word vir strafregtelike verrigtinge, soos die waarnemende uitvoerende hoof opdrag gegee het gebaseer op raad,” het Metcalfe gesê.

Klaringsertifikate wat die munisipaliteit vir eiendomsoordrag uitgereik het, word slegs toegestaan ​​wanneer alle uitstaande fooie ten volle betaal is.

“RedForce is nie betrokke by die invordering van agterstallige skuld vir uitklaringsertifikate nie. In opdrag van !Gonteb en Shidute word sulke rekeninge egter aan RedForce oorhandig wat ’n invorderingskommissie van 12% verdien.

“Hierdie praktyk word as diefstal en bedrog beskou. Die waarnemende uitvoerende hoof het opdrag gegee dat sulke sake na Nampol se handelsmisdaadeenheid verwys word.”

Die kwessie van RedForce se uitvoerende hoof wie se rekeninge vir 60 dae en meer agterstallig is en daar geen 12%-invorderingskommissie op gehef is nie, word ondersoek.

Metcalfe het gesê John Esterhuizen, die waarnemende uitvoerende hoof, en Jan Kruger, die bestuurder van korporatiewe dienste, het in elke aspek van hierdie ondersoek gehelp deur elektroniese papierspore te beveilig soos deur ’n ondersoeker versoek is.

Die ondersoek sal op 31 Julie ten einde loop.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Katima Mulilo: 18° | 38° Rundu: 15° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 14° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 11° | 31° Henties Bay: 9° | 15° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 11° | 12° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 17° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 9° | 30° Mariental: 9° | 27° Keetmanshoop: 8° | 23° Aranos: 8° | 29° Lüderitz: 9° | 29° Ariamsvlei: 6° | 22° Oranjemund: 9° | 26° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 9° | 15° Maseru: 2° | 22° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 16° | 22° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 10° | 18° Durban: 13° | 15° Johannesburg: 14° | 27° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007 Sport results: Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Weather: Katima Mulilo: 18° | 38° Rundu: 15° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 14° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 11° | 31° Henties Bay: 9° | 15° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 11° | 12° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 17° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 9° | 30° Mariental: 9° | 27° Keetmanshoop: 8° | 23° Aranos: 8° | 29° Lüderitz: 9° | 29° Ariamsvlei: 6° | 22° Oranjemund: 9° | 26° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 9° | 15° Maseru: 2° | 22° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 16° | 22° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 10° | 18° Durban: 13° | 15° Johannesburg: 14° | 27° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007