Streeknuus
Kort nuus
1 250 mense trek voordeel uit boorgate
Berseba
Altesaam 1 250 gemeenskapslede in die !Han /Awab-bewaringsgebied trek voordeel uit drinkbare water wat deur die Volhoubare lewensbestaan, waterbenutting en bestuursprojek – ter waarde van sowat N$1,2 miljoen – gefinansier word. Omgewingsminister Pohamba Shifeta het vandeesweek gerehabiliteerde boorgate aan die bewaringsgebied, wat in die Berseba-kiesafdeling in die ||Kharasstreek geleë is, oorhandig.
Die projek het ten doel om volhoubare waterbenutting en -bestuur te bevorder. Dit sal gedoen word deur sonkrag-aangedrewe waterpompstelsels te installeer.
– Ellanie Smit
Man verkrag glo sy suster
Outapi
’n Twee-en-twintigjarige man het na bewering sy 12-jarige suster herhaaldelik verkrag, wat glo tot die minderjarige se swangerskap gelei het. Die voorvalle het op Oikango in die Outapi-kiesafdeling plaasgevind.
Die koördineerder vir misdaadondersoeke in die Omusatistreek, adj.komm. Moses Simaho, het die voorval bevestig.
Simaho het gesê die verkragtings is eers ontdek nadat die minderjarige se tante onlangs opgemerk het dat sy swanger is. Die verdagte is Dinsdag in hegtenis geneem en sal na verwagting vandeesweek in die landdroshof op Outapi verskyn, het hy gesê.
– Tuyeimo Haidula
Stadsraad wil Redforce-kontrak beëindig
Rundu
Nadat ’n regsmening van die kantoor van die prokureur-generaal ingewin is, het die stadsraad van Rundu besluit om sy kontrak met Redforce Debt Management te beëindig.
Die burgemeester van Rundu, mnr. Gabriel Kanyanga, het dit bevestig en gister aan Namibian Sun gesê die plaaslike owerheid se ampsdraers het op 24 Oktober ingestem om die kontrak met die skuldinvorderaar te beëindig, weens kontrakbreuk in terme van inkomste-invordering. Redforce het sedert Maart 2021 nie daarin geslaag om sy maandelikse teiken van N$5 miljoen te bereik nie, het die raad gesê. Kanyanga het gesê die raad moet nog die notule van die raadsvergadering bevestig, waarna Redforce formeel van die besluit ingelig sal word. Hy het egter gesê Redforce sal toegelaat word om sy saak te pleit oor hoekom die kontrak nie beëindig moet word nie.
– Kenia Kambowe

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie