Streekraad soek dorpstatus terug
Uis toon oplewing
Die leier van die UDF-party wou by minister Erastus Uutoni in die parlement weet wanneer Uis sy status as 'n dorpie sal terugkry.
Brigitte Weidlich – Die Erongo-streekraad het verskeie ontwikkelingsprojekte suksesvol op Uis voltooi, en die teenwoordigheid van mynmaatskappye is ook besig om herlewing in die dorp mee te bring.
Dit volgens die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni.
Die leier van die UDF-party, Apius Auchab, wou by Utoni in die parlement weet wanneer Uis sy status as ’n dorpie sal terugkry, aangesien dit in 2010 na ’n nedersetting afgegradeer is.
“Dit het gekom nadat Uis se dorpsraad onvoldoende inkomste gegenereer het en nie in staat was om volhoubare dienste aan inwoners te verskaf nie,” het die minister oor die afgradering gesê.
NYWERHEID GROEI
Die tinmyn, wat ’n rukkie gelede weer deur die Andrada-groep heropen is en ook onlangs litiumneerslae naby Uis ontdek het, het Uis weer laat herleef.
Soos mynboubedrywighede hervat het, het dit meer diensverskaffers gelok, wat nuwe werksgeleenthede vir die inwoners geskep het. Die ontwikkeling van die nabygeleë Daures Green Village is ook ’n positiewe verwikkeling vir Uis.
“Uis ervaar tans ’n toestroming van mense uit alle uithoeke van Namibië wat werk soek. Hulle bou sinkhuise in die informele nedersetting Tatamutsi,” het Uutoni gesê.
Die Erongo-streekraad beplan dus om Tatamutsi te ontwikkel.
“Die vraag na grond op Uis van die private sektor, veral die myne, is groot, ook vir residensiële eiendomme. Daarom wil die Erongo-streekraad aansoek doen vir die uitbreiding van die dorpsgrense. Die wet op streekrade verbied dit op nedersettingsvlak, so Uis moet dus so gou as moontlik weer opgegradeer word na ’n dorpie of selfs ’n dorp,” sê Uutoni.
’n Maatskappy het grond in private besit ontwikkel, wat as uitbreiding 3 bekend staan. Al 300 eiendomme is verkoop, maar die vraag is steeds groot.
INFRASTRUKTUUR
Uutoni het ook aangekondig dat die hoërliggende dele van Uis nou ’n rioolstelsel het.
Dié inwoners het ook watermeters ontvang, wat ’n inkomste vir die bestuur inbring. ׄIntussen is ’n amptelike vullishoop gevestig. Die (enigste) teerpad in Uis het ’n nuwe oppervlak gekry en alle grondpaaie is gerehabiliteer en ’n nuwe administrasiekantoor is gebou. Die Erongo-streekraad het nou ’n register van alle geboue en huise ontwikkel en die waarde daarvan bepaal. Die register is geldig tot 2025.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie