Stryd om padveiligheid duur voort, sê minister
103 dood in 480 ongelukke, 849 beseer
Die Otjozondjupastreek het die meeste lewensverliese aangeteken met 27 sterftes, gevolg deur Oshikoto met 11 en 10 in die Zambezi.
Augetto Graig
Die afgelope feesseisoen het Namibië se paaie meer lewens geëis en meer ongelukke is aangeteken as oor dieselfde tydperk die vorige jaar.
Die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, sê die stryd om veiligheid op nasionale paaie duur voort.
“Vir die periode onder hersiening,” sê hy van 17 November 2021 tot 17 Januarie 2022, “het sterftes met 17% toegeneem in vergelyking met die 2020-’21-feesseisoen. Ongelukke met beserings het ’n 9%-afname getoon teenoor die vorige feesseisoen.”
Altesaam 480 motorongelukke is aangeteken teenoor 464 die vorige jaar, terwyl beserings gedaal het vanaf 935 die vorige jaar tot 849 aan die einde van 2021 en die begin van vanjaar.
Sterftes het vanaf 88 verlede jaar tot meer as 103 lewensverliese tydens die afgelope vakansieseisoen gestyg, het hy gesê.
Die Otjozondjupastreek het die meeste lewensverliese aangeteken met 27 sterftes, gevolg deur Oshikoto met 11 en die Zambezi met 10.
Mutorwa sê van die 480 ongelukke was voetgangers in 34% van dié voorvalle betrokke, 31% was botsings tussen voertuie en 30% voorvalle waar voertuie gerol het.
Die Khomasstreek het die meeste ongelukke aangeteken met 138, gevolg deur Otjozondjupa met 47, en 46 in Oshana. Mutorwa sê dié drie streke het ook die voortou in 2020-’2021 geneem.
PLANNE MET SPOEDKAMERAS
Hy het die aankondiging gedurende die vrystelling van ’n verslag oor 2021-’22 se ongelukstatistieke gemaak wat deur die Nasionale Padveiligheidsraad en ander belanghebbende staats- en plaaslike organisasies saamgestel is.
Generaal-majoor Anne-Marie Nainda, die adjunk-inspekteurgeneraal vir administrasie van die Namibiese polisie, het gesê een voorval is op die pad tussen Okahandja en Karibib aangemeld waar ’n oortreder sowat 212 km per uur gery het. Die boete vir dié tipe oortreding is N$4 000.
Nainda het ook kortliks genoem spoedkameras op nasionale paaie word steeds beplan ten spyte daarvan dat van die bestaande kameras gevandaliseer is en meer sal kos om te vervang.
Die polisie is ook besig om die moontlikheid van korrupsie met die aankoop van vorige spoedkameras te ondersoek.
Sy sê die publiek sal met verloop van tyd daaroor ingelig word.
Rakende openbare vervoer en die betrokkenheid van taxibussies in noodlottige ongelukke, sê Mutorwa vordering word gemaak met wetsontwerpe wat verouderde wetgewing sal vervang. Intussen word verteenwoordigende organisasies betrek om veiligheid op paaie te bevorder.
Mnr. Pendapala Nakathingo, die sekretaris generaal van die Namibiese Bus- en Taxivereniging (Nabta), sê die vereniging se grondwet vereis dat bestuurders genoeg moet rus en stel voor dat elke bussie twee drywers moet hê, veral gedurende spitstye soos oor die feesseisoen.
Mnr. Nathan Africa, die sekretaris-generaal van die Namibië Openbare Passasiersvervoervereniging (NPPTA), het met Nakathingo saamgestem.
Africa sê sy vereniging het oor die feesseisoen nou saam met owerhede gewerk om onwettige openbare vervoer te bekamp.
Nakathingo het gesê Nabta het ook ’n ondersoek van stapel gestuur rakende die kwessie van die gebruik van sewesitplekvoertuie vir openbare vervoer.
’n Verslag sal volgens hom by die ministerie ingedien word waarin die vereniging voorstel dat dié voertuie gebruik word om passasiers tot ’n maksimum van 100 km na enige bestemming te vervoere.
Op die oomblik is hulle tot 60 km buite enige dorp beperk in die geval waar hulle wel ’n geldige permit het. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie