Inwoners van Katutura was laas week in optog teen die Windhoek munisipaliteit en voor steeds die stryd om hul kragtoevoer herstel te kry voort.
Foto Jemimah Ndebele
Inwoners van Katutura was laas week in optog teen die Windhoek munisipaliteit en voor steeds die stryd om hul kragtoevoer herstel te kry voort. Foto Jemimah Ndebele

Stryd teen Stad Windhoek duur voort

Katutura-inwoners staan steeds op vir hul regte
Die betrokke kwessies is ingewikkeld en sal tyd benodig om te ondersoek, sê die uitvoerende hoof van Stad Windhoek.
Augetto Graig
Die onmin tussen Windhoek se Katutura-inwoners en die hoofstad se munisipaliteit duur steeds voort.

Ná verlede week se vreedsame optog het die uitvoerende hoof van Stad Windhoek (CoW), Moses Matyayi, Vrydag amptelik aan die Katutura-inwonerskomitee en aktivis Shaun Gariseb geskryf om die inwoners se eise te erken.

Katutura-inwoners eis dat hul afgesnyde voorafbetaalde kragtoevoer herstel word; dat ’n omvattende oudit van die munisipale rekeningstelsel gedoen word; en dat titelaktes aan 7de en 8ste Laan se inwoners verskaf word.

'KWESSIE INGEWIKKELD'

Matyayi sê die betrokke kwessies is ingewikkeld en sal tyd benodig om te ondersoek.

Hy sê dit geniet sy volle aandag, maar vra dat inwoners nie intussen die reg in eie hande moet neem nie, “want sulke gedrag kan ernstige gevolge vir jouself en die gemeenskap in die algemeen inhou,” skryf hy.

Intussen het Gariseb voortgegaan met die inwoners se plan om ’n saak van diefstal, bedrog en korrupsie teen die munisipaliteit by die Windhoek-polisiekantoor aanhangig te maak. Die saaknommer is CR 417/07/2024.

Gariseb moedig alle Windhoekers aan wat ook “slagoffers van die munisipaliteit se rekeningkundige praktyke was” om hul beëdigde verklarings by die Namibiese polisie (Nampol) in te dien en dit aan die bestaande saaknommer te laat heg.

Gariseb het ook aan die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) geskryf en gevra dat die kragreguleerder ingryp om die CoW te verbied om inwoners se kragtoevoer oor skuld af te sny.

ECB

Die ECB het verlede maand die praktyk om voorafbetaalde kragtoevoer af te sny, in die openbaar verwerp. Dis teen die elektrisiteitswet, volgens die beheerraad.

Gariseb skryf egter aan die ECB dat die CoW “jou opdrag onbeskaamd verontagsaam”, en doen ’n beroep op die beheerraad om sy besluit op die munisipaliteit af te dwing.

HOFAKSIE

Intussen het die inwoners van Katutura voorberei om vandag die howe te nader vir ’n dringende interdik om die hoofstad in hul spore te stuit.

Gariseb sê nadat meer as 250 aansoeke by die regering se regshulp ingedien is, is die regsfirma Henry Shimutwikeni aan hulle toegeken.

Henry Shimutwikeni se kantoor het bevestig dat hulle wel die Katutura-inwoners verteenwoordig, maar wou nie verder oor die kwessie uitbrei nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Katima Mulilo: 17° | 36° Rundu: 16° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 16° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 12° | 31° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:31, High tide: 13:01, Low Tide: 19:03, High tide: 01:21 Swakopmund: 12° | 13° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:29, High tide: 12:59, Low Tide: 19:01, High tide: 01:19 Walvis Bay: 10° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:29, High tide: 12:58, Low Tide: 19:01, High tide: 01:18 Rehoboth: 14° | 30° Mariental: 13° | 30° Keetmanshoop: 11° | 25° Aranos: 13° | 32° Lüderitz: 10° | 25° Ariamsvlei: 10° | 23° Oranjemund: 10° | 16° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 15° | 33° Lubumbashi: 17° | 36° Mbabane: 14° | 32° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 11° | 27° Lilongwe: 18° | 30° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 11° | 14° Durban: 15° | 22° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 19° | 32° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1796.9 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007 Sport results: Currie Cup: Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Weather: Katima Mulilo: 17° | 36° Rundu: 16° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 16° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 12° | 31° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:31, High tide: 13:01, Low Tide: 19:03, High tide: 01:21 Swakopmund: 12° | 13° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:29, High tide: 12:59, Low Tide: 19:01, High tide: 01:19 Walvis Bay: 10° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:29, High tide: 12:58, Low Tide: 19:01, High tide: 01:18 Rehoboth: 14° | 30° Mariental: 13° | 30° Keetmanshoop: 11° | 25° Aranos: 13° | 32° Lüderitz: 10° | 25° Ariamsvlei: 10° | 23° Oranjemund: 10° | 16° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 15° | 33° Lubumbashi: 17° | 36° Mbabane: 14° | 32° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 11° | 27° Lilongwe: 18° | 30° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 11° | 14° Durban: 15° | 22° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 19° | 32° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1796.9 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007