Die foto is geneem toe die erwe in fase 1A en 1B destyds gediens is. Foto Sungate
Die foto is geneem toe die erwe in fase 1A en 1B destyds gediens is. Foto Sungate

Sungate-erwe onder die hamer

Ronelle Rademeyer
Dertien van die gedienste en gesoneerde erwe in die dorpsontwikkeling, Sungate, by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe, kom Dinsdag 15 Maart onder die hamer. Sungate is in 2012 as dorp geproklameer en dit was die ontwikkelaar,

Accolade Properties Namibia (APN), se droom om daarvan “’n strategiese toegangspoort na die res van Afrika te maak”.

Mnr. Ernst Kubirske, uitvoerende direkteur en aandeelhouer-trustee, sê dít is steeds die droom, al is daar sedert 2014 toe die erwe in fase 1A en 1B gediens en verkoop is, net een eiendom opgerig. Dit is die vulstasie langs die Trans-Kalahari-hoofpad. “Die tweede eiendom is tans dakhoogte,” sê hy.

Hy sê dit is nie ’n likwidasieveiling nie en die erwe word op versoek van DFS, aan wie dit behoort, opgeveil.

Volgens hom geskied ontwikkeling traag aangesien die eienaars van die erwe wag om te sien wat gebeur met die toegangsroete vanaf die nuwe snelweg na die lughawe. Volgens die huidige planne sny dié toegangspad die ontwikkeling in die helfte, verduidelik Kubirske.

Hy sê onderhandelinge is met die Paaieowerheid (RA) daaroor gevoer, terwyl mnr. John Mutorwa, minister van werke en vervoer, ook betrek is in die hoop om ’n gepaste oplossing te vind.

APN het destyds op die webblad van Sungate gesê die droom is om dit die “eerstekeuse-besigheidsbestemming” te maak vir plaaslike en internasionale beleggers en die eienaars maatskappye wat by betrokke is by invoere, uitvoere, vervaardiging en logistiek binne en buite die SADC-streek. Van die erwe is ook vir gasvryheidsontwikkeling gesoneer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!