Photo for Illustration purposes only, Swakopmund Sewerge Treatment Plant: PHOTO CONTRIBUTED
Photo for Illustration purposes only, Swakopmund Sewerge Treatment Plant: PHOTO CONTRIBUTED

Swakopmund belê in rioolontwikkeling

Fokus val op infrastruktuur
Die munisipaliteit van Swakopmund beoog om N$42 miljoen aan verskeie projekte vir die opgradering van die infrastruktuur in dié dorp te bestee.
Precious Nghituanapo
Swakopmund se munisipale raad het onlangs ’n belegging van nagenoeg N$14 miljoen aangekondig vir die opgradering van dié dorp se rioolstelsel.

Die inisiatief is deel van ’n omvattende plan om munisipale geriewe, soos waterstelsels en paaie, op te gradeer om te verseker dat dit tred hou met die toenemende druk van beide residensiële en kommersiële verbruikers.

Clarence McClune, die hoofbestuurder van die munisipaliteit se ingenieurs- en beplanningsafdeling, het ’n uitgebreide voorlegging oor die raad se pogings die afgelope dekade gelewer.

Die voorlegging het beklemtoon dat die munisipaliteit byna N$28 miljoen se kapitaal bewillig het vir ten minste 10 groot projekte wat daarop gemik is om infrastruktuur op te gradeer en uit te brei.

Hierdie projekte is ontwerp om die funksionaliteit, doeltreffendheid en betroubaarheid van Swakopmund se noodsaaklike dienste op te skerp, het hy gesê.

Altesaam N$14 miljoen is hoofsaaklik toegeken vir die verkryging van moderne voertuie en masjinerie.

Dié nuwe bates is noodsaaklik om rioolverstoppings en noodgevalle vinnig en doeltreffend te takel, om minimale ontwrigting vir inwoners en besighede te verseker, het McClune gesê.

Die toerusting sal munisipale spanne in staat stel om vinniger op enige kwessies binne die rioolstelsel te reageer en sodoende ’n hoër standaard van openbare gesondheid en higiëne te handhaaf, het hy verduidelik.

McClune het verder die “meedoënloos pogings” van die raad benadruk om die kusdorp se rioolinfrastruktuur te herstel, te vervang en te herstruktureer.

“Ons doelwit was nog altyd om Swakopmund van ’n robuuste en betroubare rioolstelsel te voorsien. Oor die afgelope 10 jaar het ons beduidende vordering gemaak met die opgradering van die infrastruktuur, wat noodsaaklik is vir die dorp se algehele funksionaliteit en die welstand van ons gemeenskap.” hy het gesê.

STEWIGE FONDAMENT

Die burgemeester van Swakopmund, Dina Namubes, het haar dank uitgespreek teenoor die span wat “onvermoeid gewerk het”.

“Terwyl ons hierdie opgegradeerde rioolstelsel vier, laat ons dit doen met trots en dankbaarheid aan almal wat tot die sukses daarvan bygedra het,” het sy gesê.

“Dit dui op ons die verbintenis tot volhoubaarheid, doeltreffendheid en veerkragtigheid terwyl verskeie uitdagings ons in die gesig staar.”

Die opgraderings sluit in die vervanging van verouderde pype, die uitbreiding van die rioolnetwerk om nuwe ontwikkelings te akkommodeer en die implementering van gevorderde tegnologie om die stelsel meer doeltreffend te monitor en te bestuur.

“Dié verbeterings het nie net die onmiddellike funksionaliteit van die rioolstelsel verbeter nie, maar het ook ’n stewige grondslag vir toekomstige uitbreidings en verbeterings verskaf,” het sy gesê.

Benewens die fisieke opgraderings het die raad ook in opleiding en kapasiteitsbou vir munisipale personeel belê, het die munisipaliteit aangekondig.

“Dit sal verseker dat die personeel wat die rioolstelsel bestuur, goed toegerus is met die jongste kennis en vaardighede, wat hulle in staat sal stel om die stelsel doeltreffend in stand te hou en te bedryf.”

Die munisipaliteit het verder gesê: “Die voordele van hierdie beleggings is duidelik. Die opgegradeerde rioolstelsel het tot minder verstoppings en probleme gelei, wat die frekwensie van diensonderbrekings en die gepaardgaande ongerief vir inwoners en besighede verminder het.

“Die rioolstelsel het verder ook ’n positiewe impak op die omgewing gehad aangesien riooloorlope en besoedeling gedaal het.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!